Die afgelope paar weke het daar sterk winde van veranderinge deur Suidooster gewaai toe Marco Spaumer, wat die skarminkel Tim du Plooy vertolk het, die sepie gegroet het en kykers ’n nuwe akteur, Daniel Coetzee as Riaan Vosloo, ontmoet het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Nou, met die koms van die Kaapse winter, word daar stormsterk-drama vir Suidooster voorspel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Volgens die sepie se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller, kan kykers ’n paar spannende storielyne verwag.
“Een van die kinkels wat aanhangers na hul sneesdoekies gaan laat gryp, is dat daar nuus is oor Ty Daniels (Maurice Paige). Hy het verdwyn nadat hy met ’n breingewas gediagnoseer is,” sê Wilmer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Dit is besig om ’n groot tol op sy gesin te eis, want dit lyk of dié eens hegte gesin se fondasies besig is om in duie te stort.”
Volgens Dean Smith, wat die rol van Ty se broer Wade Daniels vertolk, wag daar nog groot skokke op die Daniels-gesin.
“Nie net begin Carlo (Jadon Booysen) rebelleer nie, maar Wade en sy skoonsuster Lee-Ann (Portia Joel) begin lelik vassit oor die pad vorentoe, tot waar hulle ’n onverwagte oproep kry wat hulle weer ’n bietjie hoop gee,” sê Dean.
“Hierdie tonele was op ’n goeie manier uitdagend vir ons akteurs, want daar is soveel verskillende emosies wat in die storielyn aangewakker word, terwyl ander karaktereienskappe van Wade, Lee-Ann en Carlo vir die eerste keer na vore tree.”
Nóg ’n groot storielyn, wat pas begin het, betrek die geliefde Samsodien-familie wat ’n nuwe krisis in die gesig staar, sê Wilmer.
Jawaahier Petersen se karakter, Kaashifa Samsodien, het pas ’n borsrekonstruksie ondergaan nadat sy borskanker oorwin het. Hoewel die operasie suksesvol was, verloor Kaashifa haar reuk- en smaaksintuie.
Jawaahier sê die newe-effekte wat Kaashifa ondervind is “onverklaarbaar”.
“Dit is geweldig frustrerend vir Kaashifa, wat ’n sjef is en in die proses is om ’n tweede restaurant oop te maak, om skielik nie te kan proe of ruik nie.”
Sy begin oorhaastige besluite oor haar toekoms neem sonder om haar man, Rhafiek (Irshaad Ally), daarin te ken.
“Boonop blameer sy alles op Rhafiek want sy voel dat hy te veel druk op haar geplaas het om die operasie te ondergaan, en dit lei tot spanning in hul huwelik,” sê Jawaahier.
Met die mat wat onder Kaashifa uitgeruk word, ondergaan sy ’n tipe persoonlikheidsverandering en sien kykers ’n kant van haar wat hulle gaan stom slaan.
“Tog moet ’n mens onthou dat Kaashifa eintlik al deur baie trauma en hartseer in haar lewe is, en dalk nog nooit werklik alles verwerk het nie,” verduidelik Jawaahier.
’n Ander opwindende storielyn wat later in Junie afskop en kykers lekker warm onder die boordjie gaan hê, handel oor ’n nuwe glyjakkals.
“Donovan Pietersen, wat kykNET-kykers sal herken vir sy rolle in Spoorloos: Steynhof en Getroud met Rugby, gaan nou as Texas Kannemeyer moles in Suidooster maak,” sê Wilmer.
“Texas gaan dadelik ’n opskudding in Ruiterbosch veroorsaak wanneer hy ’n nuwe onderneming in die Suidooster-sentrum op die been wil bring.”
Maar die vraag is of sy vuil wasgoed betyds uitgehang gaan word?
Suidooster saai Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & kie uit. Dit is ook beskikbaar op Catch-Up, DStv Stream en Showmax.
Lees ook: De Klerk Oelofse gesels met ons oor ‘Juffrou X’ en die impak van onderwysers
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
Hierdie webwerf gebruik koekies.