26-04-2024 NETWERK24 - SUIDOOSTERFEES - SUIDOOSTER STORMSTERK Geborg deur kykNET en Homebrew Films. Met Natasha van der Merwe, Jawaahier Petersen, Irvine van der Merwe, Jill Levenberg, Eden Classens, Simone Biscombe en verrassingsverskynings deur ander Suidooster-akteurs. Seremoniemeester Dean Smith. Konsep Wilmer Müller. Teks Retief Scholtz Regie Yolandé Rabé. Musiekregie Melissa van der Spuy. Die gewilde kykNET-sepie Suidooster se Stormsterk-konsert word jaarliks eksklusief by die Suidoosterfees aangebied. In die fees se mondigwordingjaar gaan die sterre die gehoor op hul voete hê met liedjietreffers. En soos dit in sepieland gaan, is daar ’n paar kinkels en verrassings … Kom geniet jouself gate uit saam met Kaashifa, Wade, Juicy Justin, Suzy, Bianca en die sluwe Nazeem. Saam met talle ander Ruiterbosch-inwoners is aksie en vermaak uit die boonste rakke gewaarborg. foto: Jaco Marais
Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dit is die derde jaar wat hierdie gewilde Suidooster Stormsterk-konsert aangebied word en volgens die sepie se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller, het dit nog elke jaar soos soetkoek uitverkoop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Verlede jaar was die konsert reeds ’n paar dae voor die vertoning uitverkoop en ten spyte daarvan het talle desperate Suidooster-aanhangers steeds op die dag van die vertoning by die Kunstekaap opgedaag met die hoop om dalk kaartjies te kry,” sê hy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die hoofgroep akteurs wat optree, is Natasha van der Merwe, Jawaahier Petersen, Irvine van der Merwe, Jill Levenberg, Eden Classens, Craig Adriaanse, Richard September, Simone Biscombe en Dean Smith.
Die res van die sepie se rolverdeling maak ook verrassende verskynings en daar word ouder gewoonte ’n storielynkinkel of twee wat nog op televisie moet uitspeel, tydens die konsert onthul.
Lees ook: Die Brug is terug! Wat wag in die tweede seisoen?
Foto: Jaco Marais
“Vanjaar se konsert is ook die afskop van Suidooster se tiende verjaarsdagvieringe en dit beloof om die gehoor weer eens op hul voete hê met talle liedjietreffers,” sê Müller.
“Sepiekarakters soos Mymoena, Kaashifa, Wade, Bennie, Gary, Juicy Justin, Suzy, Bianca en die sluwe Nazeem gaan nie net vir vermaak uit die boonste rakke sorg nie, maar hulle gaan ook die gehoor om die beurt ’n traan laat pik en skaterlag,” sê hy.
“Ons sien veral ook uit om Alistair Izobell op die verhoog te verwelkom om die Suidooster-temalied te sing.”
Volgens Jana Hattingh, uitvoerende hoof van die fees, stap Suidooster al ’n lang pad met die Suidoosterfees.
“Ons het vir die eerste keer in 2020 tydens die Covid 19-pandemie met die sepie hande gevat toe ons saam ’n inryteater by Atlantic Studios, die tuiste van Suidooster, in Montague Gardens aangebied het.
“Sedertdien het ons saam talle suksesvolle projekte aangebied. Verder is Suidooster ook ’n vennoot in die Suidoosterfees se jaarlikse Talentsoektogkompetisie.”
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Sean Aucamp-van Noordwyk oor sy draai in Suidooster
Die musiekregie van die konsert, wat op Saterdag 3 Mei om 17:00 plaasvind, word deur Melissa van der Spuy hanteer. Dit word ook in samwerking met The Stage Performing Arts Studio van Durbanville gedoen, wat onder meer help met die choreografie en verhoogbestuur, terwyl kykNET, Tafelberg Meubels en Biggi Popcorn die borge is.
Suidoosterfees vind van 30 April tot 4 Mei by Kunstekaap plaas. Vir die volledige feesprogram, besoek www.suidoosterfees.com. Kaartjies kan bespreek word by Webtickets, of skakel Artscape dial-a-seat by 021 421 7695.
Lees ook: Groot feesmakietie in die volstruisdorp
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.