1. Mrs J (Theresa Sedras) se besluit om Tulbagh haar nuwe tuiste te maak om vir Ronald (Ivan Abrahams) te versorg, begin dit sy tol op haar dogters eis. Lee-Ann (Portia Joel) moes immers reeds vanjaar die verlies van haar geliefde Ty (Maurice Paige) hanteer, en nou is Mrs J, haar en Bridgette (Denise Newman) se rots, ook nie meer deel van haar alledaagse doen en late nie.
2. Elana (Esther van Waltsleben) en Justin (Eden Classens) sit vas wat tot ’n vurige debat gelei het. Boonop is dit ook op Radio Dassie uitgesaai. Susan (Natasha van der Merwe) se geheime plan om Elana te verras, misluk liederlik. Ook dít lei tot ’n ongemaklike oomblik wat regstreeks op lug uitspeel.
3. Terwyl Wade (Dean Smith) se verhouding met Angie (Char Carrie) begin verbrokkel, word Zoe (Lauren Joseph) meegesleur in ’n passievolle verhouding met Gary (Craig Adriaanse), tot groot irritasie van Bridgette.
4. Imelda (Ilse Klink), ’n vasberade sakevrou, betree die toneel en nader JPD met ’n onmoontlike projek. Tog is Riaan (Daniel Coetzee) vasberade om die uitdaging aan te pak. Maar Imelda koester ’n donker geheim wat alles kan omverwerp.
5. Met die koms van die lente is daar talle romantiese verrassings en op 18 September weergalm die trouklokkies deur Ruiterbosch.
Lees ook: EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!