‘Suidooster’: Kyk uit vir dié sewe kinkels in Desember

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie storielyne gaan Suidooster-aanhangers behoorlik op die punt van hul stoele hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  1. Lee-Ann (Portia Joel) en Debbie (Marissa Claasen) se wraakplanne met Clayton (Ricardo Thomas) raak al hoe gevaarliker en dit is duidelik hulle speel met vuur. Gaan dit ’n kwessie van ’n oog vir ’n oog word?
  2. ’n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar . . . Nazeem (Irvine van der Merwe) neem drastiese stappe om Emir, sy en Kaashifa (Jawaahier Petersen) se spogrestaurant, se deure oop te hou. In die proses laat hy die pap op die grond val en dit plaas Kaashifa se reputasie op die spel.
  3. Elana (Esther von Waltsleben) se poging om groter bewustheid by Ruiterbosch oor omgewingsvriendelikheid te skep, ontplof in haar gesig en dit mag dalk ook die Anker se doppie klink.
  4. ’n Groot apteekgroep het hul oog op die Aalwyn-apteek en dit is ’n bitter pil vir Ruiterbosch se inwoners om te sluk. Aiden (Theodore Jantjies) word gedwing om ’n belangrike besluit oor die apteek se toekoms te neem en dit begin al hoe meer na ’n “Dawid en Goliat”-geveg lyk.
  5. Iemand uit Riaan (Daniel Coetzee) se verlede in Australië maak kontak en dit blyk daar is tog ’n geraamte in Kate (Annelisa Weiland) se seun se kas!
  6. Bridgette (Denise Newman) het groot planne vir Kersfees en sy berei voor vir ’n spoggerige affêre. Haar pad na die “perfekte” Kersfees is egter besaai met duwweltjies.
  7. Terwyl Ruiterbosch se inwoners gereed maak om 2024 te groet, is daar verwikkelinge op die liefdesfront. Veral Siya (Gantane Kusch) se liefdeslewe neem ’n verrassende wending, terwyl Wade en Zoë voor ’n toets te staan kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Op pad met my potjie’ se Joalette De Villiers oor haar reis deur Namibië

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.