kategorieë: Ons menseBekendes

‘Suidooster’: Dié vyf storiekinkels skop vanjaar af!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie vyf storielyne gaan kykers in Januarie op hul tone hou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  1. Bridgette se verlangse familielid, Damian, maak homself gou tuis in haar huis en in Ruiterbosch, terwyl dit ook lyk of hy baie gemaklik in Zoë se geselskap is. Wade vertrou egter nie die vrede met Damian nie, maar besluit om hom tog maar ’n kans te gee. Kort voor lank wys hy sy ware kleure en Wade is gefrustreerd dat niemand rondom hom sien wie en wat Damian regtig is nie… Dit voorspel net moeilikheid en hoe meer Wade rooi oor Damian sien, hoe meer smeer Damian heuning om almal anders se monde.
  2. Riaan en Hanli droom oor ’n nuwe begin en hoewel Kate haar seun se besluit om dinge te probeer maak werk met sy vervreemde vrou, vertrou sy nie die vrede nie. Dit bly maar ook ‘n bitter pil vir Bianca om te sluk en sy moet die nuus aan Stella breek dat Riaan nie meer deel is van hul lewens nie. Gaan Riaan egter sy besluite berou? Die sêding is mos: ‘n Jakkals verander van haar, maar nie van snaar nie…
  3. Na ’n passievolle soen op oujaarsaand, wat nie toneelspel was nie, is dit duidelik dat Siya en Angie dalk meer as net vriende moet wees, maar gaan hulle die Rubicon kan oorsteek en liefde in mekaar se arms vind?
  4. Die Samsodiens maak reg vir Kaashifa om te kraam, maar die koms van ’n pienkvoet in die familie skep dit ook talle nuwe uitdagings.
  5. n Ondenkbare gebeurtenis in Ruiterbosch het ‘n paar inwoners, wat onder andere, Gary, Wade, Justin en Nazeem insluit, op hete kole…  Spore moet doodgeveë word en alles moontlik moet gedoen word om verskuilde agendas te verbloem. 

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Lees ook: Maak die meeste van jou vakansiedae in 2025!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.