Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Altesaam 417 uitstallers, wat die hele Suid-Afrikaanse wynbedryf verteenwoordige het, het nie net hul wyne te proe aangebied nie, maar ook hul voortgesette toewyding tot volhoubaarheid met die planeet, mense en voorspoed as drie kernpilare, ten toon gestel. Hoewel die toekoms van die wynbedryf van groot belang is, is daar ook hulde gebring aan Suid-Afrika se 363 jaar wynmaak-geskiedenis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Elke element van CapeWine is noukeurig saamgestel om te verseker dat die mees volhoubare praktyke gevolg word met herwinbare stalletjies, minimale afval en -koolstof-vrystelling en volhoubare verpakking. Produsente is geïnspireer om hul individuele stories van hul volhoubaarheidsreise te vertel.
Die wynskou is die grootste van sy soort in Afrika en ’n trotse toonbeeld van die sukses van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Glase is ongeveer vier keer geroteer, wat beteken ongeveer 32 000 eenhede is gebruik en ongeveer 26 400 bottels wyn – ter waarde van R6 miljoen – is oor die drie dae na die skou gestuur om te proe. Volgens vennote Waste(Planet) is ongeveer 7 ton wynbottels geskink en toe herwin; 2 ton waterbottels; 6,5 ton algemene afval; meer as 4 500 maaltye is bedien en byna 4 000 koppies koffie het uitstallers aan die gang gehou. ’n Bykomende 160 ondersteuningspersoneel het in die saal gehelp, wat leerlingsjefs van School of Skills, kelners, glaswassers, baristas en algemene helpers ingesluit het.
Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van Wines of South Africa (WoSA), sê: “CapeWine2022 was ’n wonderlike viering van ons kwaliteit wyne, met ’n spesiale fokus op die volhoubaarheid van ons wynlande, mense en besighede. Die resultaat van hierdie reuse-projek het ons verwagtinge oortref met besoekers van alle uithoeke van die wêreld. Die energie en opgewondenheid in die saal oor die drie dae was ’n bewys van die harde werk wat deur al die produsente gedoen is, om wyne te skep wat die lewenskragtigheid van ons nasie verteenwoordig.”
Sy het voorts gesê dat sy hoop dat al die internasionale agente huiswaarts keer met hernieude entoesiasme oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf en die media sal aanhou om die bedryf te loof vir sy posisionering as ’n groot rolspeler in die internasionale wynmark.
In haar toespraak om besoekers op die eerste oggend van CapeWine 2022 te verwelkom, het Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, opgemerk: “Die wynbedryf is een van die opwindende bedrywe van ons landbousektor, met duidelike en groeiende resultate van transformasie, beide op geslag en ras.”
Lees ook: Ontdekkingsdag gee gaste intieme kykie na Van Loveren
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Hierdie webwerf gebruik koekies.