kategorieë: Ons menseBekendes

Suid-Afrikaanse sportsterre skitter oor die naweek

Deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Koeksisters en melktert sou glad nie uit plek gelyk het hierdie afgelope naweek op Wimbledon nie. Met Kevin Anderson (mans enkelspel)  en Raven Klaasen (mans dubbelspel) beide in eindrondtes het die SA-vlag trots gewapper. Rolstoeltennisster, Kgothatso Montjane, word ook die eerste swart Suid-Afrikaner wat in die semi-finaal vir die vroue-enkelspel speel. En op die Sachsenring-baan in Oos-Duitsland het ons volkslied trots oor die baan weergalm toe Brad Binder sy eerste Moto2 oorwinning behaal het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kevin Anderson in die Wimbledon-eindstryd

Op Woensdag 11 Julie 2018 het uitgehongerde Suid-Afrikaners die eerste voorsmakie van nasionale trots gekry toe Kevin Anderson vir Roger Federer in ’n valbylpot in die kwarteindrondte op Wimbledon verslaan het. “Klou vas aan jou drome”, was Anderson se boodskap aan die Suid-Afrikaanse jeug na sy epiese oorwinning oor die legendariese Federer.

“Ek hoop werklik dit is ’n voorbeeld van hoe mens aan jou drome moet vashou en aanhou om in jouself te glo. Ek sê altyd ek was in dieselfde posisie. Dis nie maklik om van Suid-Afrika te kom nie, want dis baie ver verwyderd van die tennis-omgewing.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met hierdie wedstryd het Kevin die eerste Suid-Afrikaner in die Wimbledon semi-finaal geword in die laaste 97 jaar. Die laaste Suid-Afrikaanse speler was Brian Norton wat in 1921 die eindstryd gehaal het. Kevin Curren het in 1985 in die eindstryd op Wimbledon gespeel, maar hy het toe reeds Amerikaanse burgerskap aanvaar toe hy teen die 17 jarige Boris Becker verloor het.

En toe kom die naelbyt-ek-kan-nie-meer-kyk-nie-uithoumarathon teen John Isner. Die twee hemelbesems (Kevin is 203 cm – 6 voet 8 duim – en Isner is 208cm – 6 voet 10 duim) het mekaar telkens met hul diensbeurt getroef en so het dit vir 50 potte oor ses uur en 36 minute geduur tot Kevin die westryd gewen het.

Kevin het wel in die eindstryd teen Novak Djokovic verloor, maar elke patriotiese hart het steeds warm geklop.

Terloops, as jy nog nie gesien het nie, Kevin Anderson se hondjie het ’n Instagram-rekening en dis te oulik.

Raven Klaasen in die Wimbledom mansdubbelspel-eindstryd

Intussen het die 35-jarige Suid-Afrikaner Raven Klaasen van Kaapstad en sy Kiwi-speelmaat Michael Venus op Saterdag in die finaal van die mansdubbelspel op Wimbledon gespeel. Hulle het in ’n aksiebelaaide wedstryd van amper vier ure teen die Amerikaanse speelmaats Mike Bryan en Jack Sock na vyf stelle verloor. Die Suid-Afrikaner Wesley Moodie het in 2005 die mansdubbelspeltitel op Wimbledon met sy speelmaat Stephen Huss gewen. Raven Klaasen het op sesjarige ouderdom begin tennis speel. Sy ouers, Jacob en Yvonne, is beide onderwysers en het ook voorheen kompeterende tennis gespeel. Hy sê hulle is steeds sy grootste inspirasie.

Rolstoeltennisster, Kgothatso Montjane, eerste swart Suid-Afrikaner in semi-finaal vir vroue-enkelspel

Rolstoeltennisster, Kgothatso Montjane (KG vir haar vriende) word die eerste swart Suid-Afrikaner wat in die Wimbledon semi-finaal vir vroue-enkelspel speel. Dit was KG se eerste kniebuiging op Wimbledon. Hoewel sy dapper geveg het teen die topgekeurde kampioen van Holland, Diede de Groot, is sy verslaan (1-6, 5-7). Diede was uiteindelik die Wimbledonkampioen. Dit was Kgothatso se eerste toernooi op gras en haar eerste semi-finaal in ’n Grand Slam-toernooi. “Ek is super trots en gelukkig,” sê Kgothatso oor haar prestasie.

Brad Binder wen eerste Moto2

Die motorfietsjaer Brad Binder het sy eerste Moto2 oorwinning by die Sachsenring-baan in Oos-Duitsland op Sondag behaal. Hy het die Moto3-reeks in 2016 gewen voordat hy opgradeer het na Moto2. Hoewel hy tiende op die wegspringrooster begin het, het hy vinnig die voortou geneem en uiteindelik met 0,7 sekondes gewen.  Dis die eerste keer sedert Jon Ekerold se oorwinning op Monza in 1981 dat ’n Suid-Afrikaner ’n oorwinning behaal. Brad se jonger broer Darryn kon ongelukkig nie deelneem nie nadat hy sy sleutelbeen vroeër in die week tydens ’n oefenlopie so sleg gebreek het dat ’n titaniumplaat en ses skroewe nodig was om dit weer te heg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

12 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

13 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

13 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

15 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

17 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.