Wouter het weggestap met die prys in die kategorie ‘Best New Age Album’ vir sy album ‘Winds of Samsara’.
Ander Suid-Afrikaanse kunstenaars wat vantevore Grammy-toekennings gewen het, sluit in Miriam Makeba en Ladysmith Black Mambazo.
Wouter het sy debuutalbum ‘Colour’ in 2008 vrygestel en vandaaraf bewys hy is een van Suid-Afrika se beste musikante. Hy het by die 2010 FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi se sluitingseremonie opgetree, en in 2011 het hy ’n SAMA (South African Music-toekenning) vir sy album ‘Two Voices’ gewen.
‘Winds of Samsara’ (die album wat hom vanjaar ’n Grammy laat losslaan het), is ook vir twee HMM-toekennings (Hollywood in Media Awards) genomineer, dit was nommer 1 op Amerika se ’New Age Billboard’-grafiek, en was bo-aan die ‘Radio Airplay Charts’ in Julie 2014.
Hier is ’n video van ‘Madiba’, opgeneem deur Wouter Kellerman en Ricky Kej.