kategorieë: Ons menseBekendes

Suid-Afrikaanse films bekoor oorsese gehore

Saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto: Lindsey Appolis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Revolting Rhymes

Dié Suid-Afrikaanse film staan ’n kans om ’n Oscar te wen by die 90ste Academy Awards wat in Maart vanjaar plaasvind. Hierdie filmverwerking van Roald Dahl se geliefde Revolting Rhymes is vervaardig deur die Kaapse animasie-huis, Triggerfish. Revolting Rhymes is genomineer in die kategorie vir Beste Animasie-kortfilm. Johannesburgse gehore sal ’n voorskou hiervan kan sien by The Bioscope in Maboneng op 16 Februarie 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Loer hier na die lokprent:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Inxeba (The Wound)

Nog ’n film wat gekortlys was vir ’n Oscar in die kategorie vir Beste Buitelandse Rolprent is die kontroversiële film Inxeba (The Wound). Inxeba is ’n internasionale projek waar Suid-Afrikaners, Duitsers, Nederlanders en Franse saamgewerk het. Dit is ook genomineer vir ’n toekenning in die kategorie vir Uitstaande Film – Beperkte Vrystelling by die GLAAD Media-toekennings, wat regverdige, akkurate en inklusiewe voorstellings van die LGBTQI+-gemeenskap en die sake wat hul lewens raak, erken. Wat dit nog meer indrukwekkend maak, is die feit dat dit die heel eerste keer is dat ’n buitelandse film ’n nominasie by hierdie fees ontvang. Boonop het hierdie film reeds 19 internasionale toekennings ontvang sedert sy bekendstelling by die Sundance Filmfees in 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Inxeba handel oor tradisie en seksualiteit en vind plaas tydens die Xhosa-deurgangsrites na manwees. Ses openbare voorskoue sal gehou word in Johannesburg, Kaapstad, Pretoria, Port Elizabeth en Durban op 24 Januarie 2018. Hierdie film begin op 2 Februarie 2018 in Suid-Afrikaanse fliekteaters draai.

Kyk hier na die lokprent:

Ellen: Die Storie van Ellen Pakkies

Ellen: Die Storie van Ellen Pakkies ding mee by die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees wat op 27 Januarie 2018 plaasvind. Die bekroonde regisseur en stigter van Gambit Films, Daryne Joshua, wat bekend is vir sy suksesvolle debuutfilm, Noem My Skollie, was aan die stuur van hierdie indrukwekkende produksie, terwyl die draaiboek deur Amy Jephta geskep is met die hulp van die regte Ellen Pakkies se insette.

“Die Rotterdamse Internasionale Rolprentfees is een van die mees gesogte internasionale filmfeeste. Ek is baie opgewonde dat ons klein Suid-Afrikaanse projek bo duisende ander inskrywings, van regoor die wêreld, gekies is om deel te wees daarvan in 2018. Baie geluk en baie dankie aan die vervaardigers en filmspan, ons kan trots wees op hierdie prestasie. Ek hoop ook dat mense nou ook die omstandighede rondom Ellen Pakkies se merkwaardige verhaal beter sal verstaan,” sê Daryne Joshua.

Die fliek, wat oor twee storielyne afspeel, vertel die storie van Ellen Pakkies (Jill Levenberg) se spanningsvolle verhouding met haar twintigjarige seun, Abie (Jarrid Geduld), wat aan dwelms verslaaf is. Sy dood het in 2007 regoor die wêreld opslae gemaak. Die mees ontstellende aspek van die moordsaak is dat sy ma die moordenaar was. Advokaat Adrian Samuels (Clint Brink) neem dan haar saak in en is vasbeslote om te bewys dat Ellen nie ’n ander keuse gehad het nie. Maar wat het veroorsaak dat sy opgehou het om hulp te soek? Die film is dus die ontstellende verhaal van ’n vrou wat deur die strafproses geplaas word, teregstaan op ’n moordaanklag en gedryf is deur ’n onwrikbare liefde vir haar seun. Dit delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word, in een van die gevaarlikste gemeenskappe in Suid-Afrika. ’n Plaag, met gevolge wat verder strek as die Kaapse Vlaktes en die staat se onvermoë om die armstes van die armes te beskerm, beklemtoon.

Foto deur Lindsey Appolis. Ellen Pakkies & Jill Levenberg

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 hour Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

4 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

5 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

24 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

24 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.