kategorieë: Nuut & NouKos

Ons hou van: Subskripsiebokse om mee te kook!

Ons hou van: Subskripsiebokse om mee te kook!  deur Vickie de Beer en Catherine Schenck. Hooffoto: Lindy Kriek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

UCook

Suzelle Kook!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

UCooken Suzelle DIY het vandeesmaand saamgespan om ’n reeks smullekker en blitsvinnige aandetes aan te bied. Kies uit smulgeregte soos bobotie-balletjies met klewerige Jasmynrys en brokkolie, tamatie-sop met tiemie en feta-rösti en Suzelle se eie hoenderkerrie met poppadums.

rooi rose lesers kry boonop 30% afslag op enige aankope van Suzelle DIY se UCOOK reeks: Gebruik hierdie kode wanneer jy die aanlyn bestelling plaas by www.ucook.co.za: #ROOIROSE30

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Verskaf

Die resepte is maklik om te volg en is binne 30 min. op die tafel. Ek het Suzelle se lamsvleis-en-mielie-salsa met ’n geurige Tabbouleh op die proef gestel.

Al die bestanddele is in ’n gerieflike bruin kardoes by ons afgelewer. Alles is klaar in porsies verdeel en is duidelik gemerk, so ons kon blitsvinnig aan die werk spring.

Foto: Lindy Kriek

Meng die bulgur en appelkose saam en laat dit week in 800ml water tot al die vog geabsorbeer is.

Foto: Lindy Kriek

Maak ’n vinnige pekel met die uie en suurlemoensap. Dit was nogal ’n oulike idee want rou uie kan nogal skerp smaak in ’n slaai. Op dié manier is die uie sag en soet.

Foto: Lindy Kriek

Sny die tamaties in die helfte en braai vinnig in ’n pan tot dit begin oopbars.

Foto: Lindy Kriek

Die resep het gevra om die mielies onder die rooster van die oond te skroei. Ek het dit makliker gevind in ’n roosterpan.

Foto: Lindy Kriek

Die lamsvleis word eers in die pan verbruin, dan in foelie toegedraai en dan vinnig vir ’n paar minute in die oond gebak. Dit het perfek pienk uitgekom.

Al die bestanddele vir die tabbouleh word saamgemeng. Dit was nogal baie en was beslis genoeg vir ’n gesin van 4.

Foto: Lindy Kriek

Ons het heerlik gesmul aan die gereg én daar was bietjie oorskiet vir middagete die volgende dag!

Foto: Lindy Kriek

Loer gerus ook op hul webblad vir meer inligting: www.ucook.co.za en gesels saam op Instagram en facebook en gebruik die hutsmerke #UCOOKDIY #SuzelleXUCOOK

The Daily Dish

Kry jou hele week se kos afgelewer op een slag! Hierdie subskripsiebokse bevat vars bestanddele plus resepte waarmee jy jou etes vir die week kan maak. The Daily Dish laat jou ook toe om volgens jou dieet te bestel: Daar is byvoorbeeld vegetariese-, Banting- en varkvleisvrye bokse.

Klik hier om hul webblad te besoek

Harvest Box

Harvest Box lewer weekliks vars bestanddele met resepte by jou huis af. Hierdie bokse bevat genoeg bestanddele en resepte vir 3 aandetes.

Klik hier om hul webblad te besoek

Drankies

The Gin Box

Gin junkies sal juig! The Gin Box fokus op plaaslike “craft”-jenewers en lewer maandeliks of na jou keuse ’n boks met ’n bottel jenewer, garnerings en snoephappies af wat perfek by jou maand se jenewer sal pas.

Vanaf R650 per maand, of R7 200 om vir ’n jaar in te teken: Besoek gerus hul webblad vir meer inligting

Wine of the Month: Wine Club

Wine of the Month het ’n paneel wynkenners wat elke maand hul gunstelinge deel. Jy kan lid word van een van vier Wine Clubs , wat jou dan sal toelaat om dié maand se wyne self te proe!

Loer hier om meer uit te vind

Yuppiechef: League of Beers, Monthly Wine Mixed Case en FOMObox

Yuppiechef het drie opwindende bokse waarvoor jy kan inteken na gelang van jou smaak: bierliefhebbers kry maandeliks iets van League of Beers, Wynfanatici kan die Monthly Wine Mixed Case kry, en die FOMObox is vir foodies wat nie ’n nuwe smaak of produk op die mark wil misloop nie.

Pryse op hul webblad

Warm drankies

The Bean Box Club

By The Bean Box Club kry jy maandelikse aflewerings van heerlike koffies, en jy kan selfs kies hoe dit by jou moet aankom: fyngemaal of heel bone. Jy kan ook vir jou kantoor inteken, as jou werksplek ’n klomp koffiedrinkers bevat …

Loer hier om meer uit te vind

Pause Coffee

Pause Coffee bied elke twee weke of elke maand ’n boks met heerlike, eties verboude koffies wat by jou voordeur afgelaai word. Jy kan ook kies of die bone gemaal of heel by jou moet aankom, wat beteken dat jy nooit weer per ongeluk sonder koffie by die huis sal sit nie …

Besoek hul webblad om meer uit te vind

Tealyst

Die Tealyst Tea Boxes is die ideale subskripsieboks vir diegene wat van meer as net ’n koppie gewone tee hou. Jy kry ’n verskeidenheid spesialiteitstees plus oulike teebykomstighede.

Loer hier om meer uit te vind

Resepte

Teken in op rooi rose, want ons deel elke maand die lekkerste resepte wat wérk!

Teken nou in

Loer ook na ons heerlike resepte aanlyn

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

1 day Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

1 day Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.