Wenke vir klein spasies
• Belê in meubels wat esteties en funksioneel is.
• As jou stoorplek vir handdoeke, haardroërs en soortgelyke items beperk of afwesig is, oorweeg dit om ’n meubelstuk met stoorplek in jou badkamer te implimenteer.
• Stoorplek teen die muur is prakties en dekoratief. Jy sal die visuele impak van houers verminder deur dit by die kleurskema aan te sluit.
• Gebruik ook stoorplek om areas af te baken. ’n Hoë rak-eenheid wat die lengte van ’n muur beslaan, kan byvoorbeeld ’n slaapkamer van ’n aantrekhokkie skei.
• Daar is deesdae stoor-opsies van klein tot groot beskikbaar. Maak hierdie items deel van jou dekor deur aantreklike ontwerpe te kies.
Verskaffers
Nest Designs www.nestdesigns.co.za
Dokter and misses www.dokterandmisses.com
Neat Freak www.neatfreak.co.za
Pilgrima Spaces www.pilgrimaspaces.co.za
Monoshop www.monoshop.co.za
Superbalist www.superbalist.co.za
Block&Chisel www.blockandchisel.co.za
Weylandts 0860 103 400