kategorieë: DekorLeefstyl

Stylvolle sekuriteit

Stylvolle sekuriteit deur Cornel Dunn. Foto’s: verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Belê in

  • CCTV op die buitegrense van jou huis.
  • Elektriese omheining.
  • Stewige hek in jou oprit.
  • Sterk diefwering van baie goeie gehalte.
  • Stewige deure met peutervrye slotte.
  • ’n Goeie sekuriteitsmaatskappy met ’n betroubare alarmstelsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Trellidor Clear Guard

Trellidor Clear Guard by voordeue.

Voordele

  • Trellidor Clear Guard-sekuriteitskerms word teen ’n venster of skuifdeur geïnstalleer.
  • Die maasskerm filtreer die UV-sonstrale en beheer die temperatuur terwyl dit steeds lug deurlaat.
  • Die maasskerm is deursigtig en belemmer nie jou uitsig nie.
  • Die skerms is geskik vir alle risikogebiede.
  • Dit sekuriteit is soortgelyk aan die intrekbare Trellidor-veiligheidshek.

Trellidor Rollerstyle shutters

Voordele

  • Trellidor Rollerstyle Shutters word spesifiek vir elke kliënt gemaak om perfek te pas.
  • Die hortjies rol in ’n netjiese, kompakte houer op wanneer hulle nie in gebruik is nie.
  • Hierdie produk is volkome beveilig wanneer dit gesluit is.
  • Die hortjies kan met afstandbeheer oop- en toegemaak word.
  • Die produk kan in ’n gang geïnstalleer word om jou slaapkamers te beveilig.
  • Wanneer gesluit, kan die hortjies reën en stof buite hou.
  • Dit neem min plek in beslag.
  • Trellidor Rollerstyle kan blindings en diefwering vervang.

Trellidor Security Shutters

Trellidor Security Shutter.

Voordele

  • Trellidor Security Shutter kan enige opening beskerm.
  • Hierdie hortjies pas perfek by enige vensters, deure en patio’s.
  • Die hortjies kan gordyne, blindings en diefwering vervang.
  • Die gepatenteerde Trellidor-slot kan van albei kante af oop- en toegesluit word.
  • Die hortjies blokkeer baie lig, maar gordyne sal dalk nog nodig wees indien dit in ’n slaapkamer gebruik word.

Bepaal sekuriteit se invloed op jou assuransie premie

Ons het met François Viljoen, ’n onafhanklike finansiële adviseur, gesels oor die voordele wat sekuriteit vir jou versekeringspremie inhou.

Versekeraars se sekuriteitsvereistes verskil – van platteland na stedelike gebiede en ook van woonbuurt tot woonbuurt. Verdere onderskeid word selfs in woonbuurte getref, afhangende van die huis, soos ’n losstaande woonhuis, ’n woonhuis in ’n geslote kompleks of ’n sekuriteitskompleks en/of -landgoed. Die premies wat die versekeraars hef om jou huis en inhoud van jou huis te verseker verskil ook na gelang van die woonbuurt, landgoed en/of tradisionele woonbuurte.

Die kliënt sal dan vind dat daar aan die minimumvereistes van die versekeraars voldoen moet word voordat dekking toegestaan word. Die vereistes kan wissel van net diefwering voor alle oopmaakvensters, of diefwering voor alle oopmaakvensters plus sekuriteitshekke voor alle buitedeure, of ’n alarm gekoppel aan ’n 24 uur gewapende reaksie-eenheid. ’n Kliënt hoef dan na gelang van die gebied of woonbuurt aan net een van hierdie opsies te voldoen, tensy die versekeraars op spesifieke sekuriteitsvereistes aandring. Indien ’n kliënt aan meer as die voorgeskrewe minimumvereistes voldoen, deur byvoorbeeld diefwering, sekuriteitshekke en ’n gekoppelde alarm te hê, kan hulle ’n versoek aan die versekeraar rig vir korting in hul maandelikse premie.

Dit is ook belangrik om bewus te wees van die versekeraars se definisie van wat ’n sekuriteitskompleks of -landgoed is. ’n Kompleks omring deur ’n heining en/of muur en ’n elektroniese hek vir toegang word nie as ’n sekuriteitskompleks beskou nie. Sekuriteitswagte moet spesifiek toegangbeheer toepas en die wagte moet die kompleks gereeld patrolleer. ’n Muur moet die kompleks of landgoed omring en daar kan ook vereis word dat die muur verdere beskerming het in die vorm van ’n geëlektrifiseerde heining bo-op die muur, of lemmetjiesdraad bo-op die grensmure. Slegs as die kompleks of landgoed aan die vereistes van die versekeraar voldoen, kan die kliënt moontlike korting in sy premies verwag, en ’n toegewing in die sekuriteitsvereistes van sy woonhuis, byvoorbeeld in ’n sekuriteitskompleks kan ’n versekeraar die diefwering, sekuriteitshekke en/of alarmvoorwaardes tersyde stel.

Soos vroeër genoem, sal hierdie definisies en vereistes verskil van gebied tot gebied en van woonbuurt tot woonbuurt. Dit is belangrik en ons beveel aan dat die kliënt altyd die spesifieke sekuriteitsvereistes wat op hulle van toepassing is eers met hul versekeraars of makelaar bespreek om seker te maak dat hulle daaraan voldoen, en as hulle meer as die vereiste minimum gedoen het, om te hoor of hulle vir moontlike korting in hul premies kwalifiseer.

Vir verdere navrae, kontak vir François by francoisv@navig8r.co.za

Verskaffers

Trellidor | trellidor.co.za

François Viljoen | 082 55 88 195

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

14 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

14 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

15 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

15 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

17 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.