Stylvol in swart: Oscars 2020 deur Susra Matthee. Hooffoto: John Salangsang/BEI/Shutterstock
Rooney Mara
Rooney Mara se Alexander McQueen-rok stel ’n groot en gunstelingtendens vir die winter bekend met sy uitgesnyde rug, knopies en kantdetail.
Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet om vanjaar se Valentynskleure te dra
Geena Davis
Geena Davis se minimalistiese rok met slegs tekstuur en ’n indrukwekkende halslyn is weer eens ‘n bewys dat die eenvoudiger style dikwels die treffendste is.
Lees ook: Die mooiste kantoordrag onder R500 wat jy nou kan koop
Zazie Beetz
Zazie Beetz het ‘n blink, moulose tweestuk van Thom Browne en Bvlgari-juwele aangehad. So ‘n eenvoudige styl gee jou die kans om met juwele en bykomstighede te speel.
Lees ook: Die beste tendense van die 80s is terug! Dis hoe jy dit moet dra
Natalie Portman
Op Natalie Portman se mantel was die name geborduur van vroueregisseurs wat vanjaar nie vir ‘n Oscar benoem was in die kategorie vir beste regisseurs nie.
Lees ook: Die grootste sonbril-trends wat jy vir 2020 moet probeer
https://www.instagram.com/p/B8X1_BoHmmW/?igshid=18denjdvdc6wj
Charlize Theron
Onse Charlize Theron het geskitter in ‘n elegante, lang Dior-rok met ’n hoë spleet. Dit was nie ‘n verrassing dat sy in Dior geklee was nie, aangesien sy die gesig van die J’Adore-geur van dié handelsmerk is.
Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur
https://www.instagram.com/p/B8XtyYoJtiZ/?igshid=r1p8odlqrhzn
Lees ook: Margaret gesels met Charlize