kategorieë: TrendsMode

Stylkenner se staatmakers: Karin Muller

Stylkenner se staatmakers: Karin Muller deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stylkenner se staatmakers: Karin Muller

Karin kom van ’n mode- en bemarkingsagtergrond voordat sy haar eie mode-invoermaatskappy, Sulla Moda Accessories, in 2014 gestig het. Sulla Moda fokus op die ontwerp en vervaardiging van modebykomstighede soos hoede, serpe, handsakke en meer vir handelsmerke soos Poetry, Old Khaki, K-Way en Keedo. Karin is ook die kreatiewe vervaardiger van die leefstyljoernaal, Ambassadeur, en mede-vervaardiger van ’n nuwe Afrikaanse film wat later vanjaar bekendgestel word.

Lees ook: Ondersteun plaaslik en koop nou die mooiste winteritems

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wyepyp langbroek

Ek vind dat wyepyp langbroeke ongelooflik gemaklik en vleiend is, mits jy die lengte van die broek regkry. Ek is nie so lank nie, so ek verkies ‘n korter lengte wat net bo my enkels hang. Ek is mal oor hierdie broek se kleur en hou ook van die feit dat hierdie broek as deel van ’n gesofistikeerde of ontspanne styl gedra kan word.

Lees ook: 5 slim wenke om hierdie winter sjiek te lyk

Zara (R599)

Stywe, swart langmou-trui

Ek maak seker om elke jaar in ’n swart langmoutrui van goeie kwaliteit te belê. Dit is ’n stapel-item en ek gaan beslis hierdie winter weer een aanskaf. Ek hou baie van die sagte tekstuur van hierdie trui.

Lees ook: Die mooiste oefenklere wat jy nou kan koop

Zara (R499)

Gebreide poncho

’n Poncho of “wrap” is ‘n maklike manier om seker te maak jy bly op datum met die nuutste modes. Die poncho wat ek gekies het, se snit en weefpatroon is deur die sewentiger jare geïnspireer. Hierdie styl sal ook mooi lyk saam met ’n wit hemp en blou denim. Beslis ’n moet vir winter 2020.

Lees ook: Is onderbaadjies sowaar terug? PLUS ons wys jou hoe om dit te dra

Amalia Diamond Knit Shawl, Poetry (R599)

Swart skoene

Die een ding wat altyd dieselfde sal bly, is jou skoengrootte. Daarom ek voel dat dit goed is om te belê in ‘n paar gemaklike handgemaakte, Italiaanse leerskoene. Hierdie paar kan in die dag en aand gedra word, wat die uitgawe die moeite werd sal maak.

Lees ook: Plaaslike ontwerpers wat gesigmaskers maak – ’n slim manier om jou gunsteling-handelsmerke te ondersteun

Gucci (POA)

Handige handsak

Ek is mal oor hierdie kleur met die goue handvatsel. Dit sal perfek werk saam met die meeste van jou gunsteling-uitrustings.

Lees ook: Is jy seker jy maak jou leerbaadjie reg skoon?

Ariel Leather Bag with Metal Hand, Poetry (R899)

Goue juwele

In Suid-Afrika is ons so bederf met verskeie ontwerpers van juweliersware. Ek verkies goud en probeer elke nou en dan vir my een item koop om my kas aan te vul. Wanneer dit kom by die koop van egte goud, verkies ek tydlose items. Wanneer jy die modes navolg, of iets wil aanskaf vir ‘n spesifieke geleentheid, verkies ek soms om met ’n goedkoper opsie te gaan.

Lees ook: Die heel mooiste verloofringtrends waarvan jy nou moet weet

Hammered Band in Yellow Gold (5mm), Dear Rae (R5 700)

Kry dit hier:

Dear Rae

Gucci

Poetry

Zara

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

1 day Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

1 day Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.