Serves:Maak 8 klein koekiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Ons het hierdie koekies in klein vormpies gebak, maar kolwyntjiepannetjies werk ook goed.
80 ml (1⁄3 k) suiker
2 eiers
60 ml (4 e) botter, gesmelt en afgekoel
60 ml (¼ k) suurroom
125 ml (½ k) koekmeel
2,5 ml bakpoeier
125 ml (½ k) gedroogde appelkose, gekap
Teestroop
125 ml (½ k) heuning
5 ml (1 t) lemoenskiltee (soos Origin se Blood Orange Oolong) geweek in 125 ml (½ k) kookwater en dan deur ’n siffie gegooi
5 cm gemmer, gesny
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 8 pannetjies met ’n inhoudsmaat van 80 ml (1⁄3 k) elk, met kleefwerende kossproei. 1 Klop die eiers en suiker tot lig en romerig. Meng die botter en suurroom by. Klop goed en meng die meel, bakpoeier en appelkose by. 2 Bak vir 25 min. tot goudkleurig en ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrak afkoel. 3 Teestroop: laat kook die heuning, water, tee en gemmer vir 5 min. in ’n kastrol oor matige hitte. Haal die gemmer uit en kook af tot ’n dik stroop. 4 Gooi die stroop oor die koekies en maak seker elke koekie is heeltemal met stroop bedek.