Stroperige teekoekies
Serves: Maak 8 klein koekies
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Ons het hierdie koekies in klein vormpies gebak, maar kolwyntjiepannetjies werk ook goed.
- 80 ml (1⁄3 k) suiker
- 2 eiers
- 60 ml (4 e) botter, gesmelt en afgekoel
- 60 ml (¼ k) suurroom
- 125 ml (½ k) koekmeel
- 2,5 ml bakpoeier
- 125 ml (½ k) gedroogde appelkose, gekap
- Teestroop
- 125 ml (½ k) heuning
- 5 ml (1 t) lemoenskiltee (soos Origin se Blood Orange Oolong) geweek in 125 ml (½ k) kookwater en dan deur ’n siffie gegooi
- 5 cm gemmer, gesny
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 8 pannetjies met ’n inhoudsmaat van 80 ml (1⁄3 k) elk, met kleefwerende kossproei.
1 Klop die eiers en suiker tot lig en romerig. Meng die botter en suurroom by. Klop goed en meng die meel, bakpoeier en appelkose by.
2 Bak vir 25 min. tot goudkleurig en ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrak afkoel.
3 Teestroop: laat kook die heuning, water, tee en gemmer vir 5 min. in ’n kastrol oor matige hitte. Haal die gemmer uit en kook af tot ’n dik stroop.
4 Gooi die stroop oor die koekies en maak seker elke koekie is heeltemal met stroop bedek.
Anelle Tewson
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025