Stroopsoet is stout: Eet minder suiker deur Salomé Delport
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die sosiale kant van die somervakansie of langnaweke stoot ’n mens alte maklik terug in die web van suikerlus. Maar teen dié tyd het ons almal al die boodskap gekry: ons moet suiker sny.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As jy al probeer het, weet jy dit is nie so maklik nie. Is jy dus lui en sonder ’n greintjie wilskrag? Nee, glad nie. Die feit is dat jy teen die supermag van suiker stry. Ons is gebore met die vermoë om suiker as gesond te herken. Moedersmelk is soet, en van jou eerste oomblik ken jy soet as gelyk aan lekker, gesonde kos. “Soet” smake van veldkos beteken gewoonlik dit is veilig om te eet, terwyl suur en bitter smake op bederf en gifstowwe dui. Jou bréin vertel jou soet is goed.
Die voedselbedryf manipuleer hierdie natuurlike geneigdheid en gooi suiker by so te sê alles sodat jy van hul produkte sal hou en bly koop … en hul geldjies laat inrol.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Dit is nie maklik om jou los te wikkel nie maar jy kán.
Bekende suikerteëstanders, soos die Real Food Revolution, beveel doodstop aan. Al kweek suiker nie afhanklikheid soos sigarette nie is dit ook ’n biologies gedrewe drang wat deur hormone soos insulien en neuroboodskappers in jou brein aangevuur word. Dit is nie ’n mak lammetjie nie.
As jy net suiker verminder, bly jy die vuurtjie stook, sê hulle. As jy wil wegkom van suiker moet jy álle suiker los – vrugtesappe, soet jogurt, suikerversoete koeldranke, lekkergoed, gebak, heuning, koelers – en selfs vrugte.
Sarah Wilson, skrywer van I Quit Sugar, meen dit is makliker om suikerverbruik oor twee weke te verminder voor jy heeltemal stop. Dit vergemaklik die stres van ophou as jy reeds baie minder suiker in jou gestel het.
Die WGO laat ’n bietjie suiker toe – tot sewe teelepels suiker per dag. Suid-Afrikaanse dieetkundiges onderskei tussen “vry” suiker – die wit korreltjies wat by kos en koeldranke gevoeg word – en “gebonde” suiker soos dit in vrugte en groente as gebind aan die veselkomponent voorkom, en sê dat jy vry suiker moet afskaal of uitskakel.
Die Britse NHS se amptelike aanbeveling lyk so:
• 7 teelepels per dag vir almal bo twaalf
• 5 teelepels per dag vir kinders van sewe tot elf
• 4 teelepels per dag vir kinders van vier tot ses
• Daar is nie ’n aanbeveling vir kinders onder vier nie, buiten dat hulle nie aan soetgoed gewoond moet raak nie.
Lees ook: Is dit tyd om die vas-dieet te probeer?
Kyk hoe jy vaar. As jou suikertand altyd wen, is jy waarskynlik ’n “alles of niks” suikergebruiker. Dit sal op die lang duur makliker wees om suiker heeltemal uit te skakel.
Gebruik hierdie oulike grafiek en werk uit hoe naby jy aan 50 teelepels suiker ’n week jy kom.
Beslis. Anders sou almal suiker met gemak opgegee het.
Byna almal wat suiker opgee, ervaar ’n vorm van onttrekking – ’n knaende, dwingende, oorweldigende lus vir “iets”. Baie voel moeg, tam en/of buierig. Jy sal beslis nie die eerste dag gesonder en helderder voel nie. Dit kom later.
Sarah Wilson verduidelik dat die suikergewoonte oor baie jare neurale paadjies in jou brein gevestig het. Jou nuwe eetstyl moet nuwe paadjies bou. Tot dit gebeur, laat die ou paadjies jou na suiker smag.
Die gelukkiges mis suiker vir twee tot drie dae, terwyl ander tot ses weke neem voor hulle vry is van enige drang na suiker.
Lees ook: 10 dinge wat jy nou kan doen om slegte gewoontes hok te slaan
Dankie tog vir kunsmatige versoeters. Die nuwes laat alles net so lekker proe. En dit laat jou suikersomme klop. Een koppie melk-en-vrugtesap met vyf teelepels suiker daarin slurp op een slag byna jou hele toelaag van sewe teelepels vir die dag op. Maar ’n koppie kunsmatig versoete sap bevat byna niks suiker nie. Jy het nog jou volle sewe teelepels suiker oor vir ’n klein sjokolade of roomys, as jy besluit het op minder suiker eerder as geen suiker nie.
Maar nie so haastig nie, sê dr. Anthony Komaroff van Harvard.
Plaasvervangers hou jou suikertand in stand. Versoeters is duisende keer soeter as suiker. As jy suiker hiermee vervang, kan jy ’n selfs groter soetliefde aanleer. Dan smaak gewone gesonde kos soos wortels en appels flou. Jy gaan al meer versoeter gebruik, of selfs minder gesonde kos eet omdat dit vir jou vaal smaak.
Die ideaal is dat jy jou suikerliefde afleer en suiker én versoeters aflê. Jou suikertand is “gesond” as ’n gewone appel vir jou stroopsoet proe; jy is in die moeilikheid as dit laf proe.
Jy sien dit gereeld op gesondheidsprodukte: “geen suiker bygevoeg”. As dit sonder kunsmatige versoeters lekker soet proe, kan jy jou laaste sent daarop sit dat dit suiker in anders vorms bevat wat ewe nadelig is. Kyk die etiket deur vir een van die 56 skuilname vir suiker.
• Wees op die uitkyk vir enige soort stroop soos corn syrup, high fructose corn syrup, agave syrup, maple syrup, carob syrup, rice syrup of golden syrup.
• Wees op die uitkyk na enige bestanddeel wat met -ose eindig, wat op die chemiese naam vir suiker dui, soos fructose, glucose, maltose, dextrose, lactose of isoglucose.
• Wees op die uitkyk na enige soort sap, soos fruit juice, reconstituted fruit juice, grape juice of evaporated juice.
• Wees op die uitkyk na suiker van ander vrugte soos beet sugar, date sugar, cane sugar, grape sugar, invert sugar, demerara sugar, castor sugar, confectioners’ sugar, grape sugar of natural sugar.
• Nog ’n paar: caramel, malt, molasses, nectar, honey en agave.
Lees ook: 41 ander woorde vir suiker op kosetikette
Maak jou koskas en yskas skoon.
Pak die suiker, konfyte, heuning, strope, suikerversoete pap, gaskoeldranke, koeldrankstrope, jellie, souse soos tamatiesous, blatjang en soetrissiesous ver weg – of gee dit weg. Onthou die suikerversoete jogurt, ystee en vrugtesap in die yskas.
Wat gaan julle nou eet? Ander mense het mos al die dinkwerk gedoen. Kry vir jou ’n resepteboek soos ons kosredakteur, Vickie de Beer, se My Low Carb Kitchen, Die Kosrevolusie van Tim Noakes of I Quit Sugar van Sarah Wilson. Of loer in by die suikervry webwerwe – onder meer op rooirose.co.za
Soek resepte wat in jul behoeftes kan voorsien. Dalk het jy ’n paar resepte nodig vir snoepgoed en nagereg? Of moet jy nuut kyk hoe jy geurige groente sonder suiker maak? Het jy ’n suikervrye mayonnaise nodig? Hoe kan jy jul ontbyt verander van kitspap en versoete jogurt na suikervrye, maklike en voedende opsies?
Lees ook: Die dieetgeheim waarvan almal moet weet: Porsiegroottes
Grond jou inkopielysie op jou resepte. En maak reg vir ’n finansiële verrassing – jy gaan baie geld spaar! Goeie en vars basiese bestanddele soos eiers, groente, melk, vleis, hoendervleis, vis, kaas, hawermout, Bulgaarse jogurt, kruie en neute kos baie minder as al die duur, verwerkte en boonop ongesonde kosprodukte.
Wat as ’n suikerlus jou oorval? Hou ’n paar goedjies byderhand, soos suikervrye koeldrank, gegeurde water, grondboontjiebotter en kaaswiggies.
Die ander groot uitdaging is om elke dag konsekwent suikervry te bly kies.
’n Paar wenke:
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.