kategorieë: TrendsMode

Strooimandjies: Jou nuwe somer-gunsteling

Deur Bea Lingenfelder Hooffoto: Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Strooimandjies of -sakke is een van die stapelitems hierdie somer. Deur die jare is dit vir huisdekor, pieknieks en see-uitstappies gebruik, maar danksy die modekenners kan hierdie item nou in die plek van ’n handsak gedra word. Hoewel Jane Birkin dié modetrend reeds in 1970 aan die wêreld voorgestel het, het modekenners soos Alexa Chung en Camille Charrière tydens 2017-modeweke weer met strooi-bykomstighede aan hul arms gepronk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

5 redes waarom ons dol is oor die trend

  • Net soos die kleur geel (wat ook hierdie seisoen groot is) kan strooimandjies enige gemoed opkikker.
  • Dit het ’n sterk raamwerk en sal dus nie sommer verdruk nie. Dit is ook ruim sodat al jou besittings maklik daarin pas.
  • Dit kan saam met enigiets gedra word (ja, enigiets). Selfs vir ’n skemerkelkie.
  • Jou hele uitrusting raak sinoniem met somer.
  • Dit is bekostigbaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dra dit so

Hoewel daar nie perke aan hierdie item is nie, lei ons van die modekenners af dat, hoe meer dramaties jou uitrusting, hoe groter kan die mandjie wees. Hou dit klein en petite wanneer jy ’n ligte en vloeibare somerrokkie dra en wanneer jy effens dramaties gaan met oorbelle, jasse, en so meer, kan jou mandjie meer dramaties wees.

Kikker jou mandjie op met verkillende versierings soos tossels, serpies en kleure om jou voorkoms nog meer op te vrolik.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.