– Deur Bea Lingenfelder Hooffoto: Twitter Follow @AnneMichelleBH
Strooimandjies of -sakke is een van die stapelitems hierdie somer. Deur die jare is dit vir huisdekor, pieknieks en see-uitstappies gebruik, maar danksy die modekenners kan hierdie item nou in die plek van ’n handsak gedra word. Hoewel Jane Birkin dié modetrend reeds in 1970 aan die wêreld voorgestel het, het modekenners soos Alexa Chung en Camille Charrière tydens 2017-modeweke weer met strooi-bykomstighede aan hul arms gepronk.
https://www.instagram.com/p/BbhBLf2jmYZ/?taken-by=camillecharriere
https://www.instagram.com/p/BXRMGwojLhl/?taken-by=alexachung
5 redes waarom ons dol is oor die trend
- Net soos die kleur geel (wat ook hierdie seisoen groot is) kan strooimandjies enige gemoed opkikker.
- Dit het ’n sterk raamwerk en sal dus nie sommer verdruk nie. Dit is ook ruim sodat al jou besittings maklik daarin pas.
- Dit kan saam met enigiets gedra word (ja, enigiets). Selfs vir ’n skemerkelkie.
- Jou hele uitrusting raak sinoniem met somer.
- Dit is bekostigbaar!
Dra dit so
Hoewel daar nie perke aan hierdie item is nie, lei ons van die modekenners af dat, hoe meer dramaties jou uitrusting, hoe groter kan die mandjie wees. Hou dit klein en petite wanneer jy ’n ligte en vloeibare somerrokkie dra en wanneer jy effens dramaties gaan met oorbelle, jasse, en so meer, kan jou mandjie meer dramaties wees.
Kikker jou mandjie op met verkillende versierings soos tossels, serpies en kleure om jou voorkoms nog meer op te vrolik.