Ons hou daarvan om al wat ’n ding is in ’n strandsak te gooi. Oorgroot strandsakke is perfek vir alles: boeke, sonblok, handdoeke, versnaperings en nog baie meer. Oorgroot strandsakke is nie net prakties nie, maar ook stylvol.
Maar wat as jy net vining strand toe gaan vir ’n vroegoggend swem? Al wat jy kort, is ’n sakkie om jou sonskerm en selfoon in te stoor. Mikro-strandsakkies is perfek vir so ’n geleentheid.
Meer formele strandsakke is ook baie gewild vir skemerkelkies langs die see. Kies ’n meer gestruktureerde strandsak wat van geperforeerde leer gemaak is.
Strandsak-modes wat hierdie jaar op die strande sal pronk
- Tossels en pompoms in ’n reënboog van kleure
- Geometriese afwerkings en bedrukkings
- Geperforeerde materiaal – van leer tot katoen
- Geweefde strandsakke
- Vloot-geïnspireerde strandsakke
Hier is ’n paar van ons gunstelinge: