kategorieë: Blogs

Storm in ’n swembroekkoppie

Ek weet elke vrou, maer, middelmatig of volrond soos Cremora, vrees die swembroekgange van afdelingswinkels. Dit is seker die mees verlate deel van enige modewinkel en tog wissel die voorraad gedurig. Dalk skuil my medesusters in die gang langsaan en gryp die stukke onderdeur of betaal hul kleuters om dit namens hulle af te haal van die miniatuurhangers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Menige vreemde vrou het al my mening gevra omtrent ’n rok, bloes of langbroek in die aantrekkamers, maar glo my, nog nooit oor ’n swembroek nie. Nee, swembroek-aanpas is ’n geheime missie waarvoor mens vooraf (soos vir Botox) ’n Neurofen of Myprodol drink om die senuwees te verdoof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So het die tragedie my ook gister te beurt geval. Ja, hier aan die einde van die somer soek ek nou swembroek. Dit nadat ek die hele Desember toegedraai in doeke (soos in die Kerskonserte) onder die sambrele geskuil het van Port Alfred tot by Kraalbaai. Ek beplan egter ’n vakansie na Phuket in Meimaand en daar ken g’n mens my nie! Ek gaan dus ’n swembroek aantrek en rondwiegel-waggel in die blou waters van Asië.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié van julle wat my ken (veral my figuur) sal weet dit is nie ’n taak vir ’n “no. 6” verkoopsdametjie van die gemiddelde kettingwinkel nie. Nee, ek het besluit om direk vir die groot koppe (G cups) te gaan. Ek stap vol vertroue die winkel in, want mede-eters het my al vertel van hierdie plek wat spesialiseer in vroue met heupe soos polisieperde en “susters” wat enige koppie kant en wal kan volsit.

Ten aanskoue van die verkoopsdames kry ek opnuut moed, want albei is mooi mollig en vriendelik. Die een kry wel so ’n effense siniese trek toe ek my beraamde grootte uitspel, maar ek steur my min – ek weet mos ’ swembroek is ’n ding wat rek!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die eerste een wat sy uithaal, lyk soos ’n stofoortreksel vir my Verso en no. 2 sal ook twee Mini Coopers langs mekaar mooi kan toemaak. Ek dog dan die vrouens weet wat hulle doen? Ek stuur haar liggies in die rigting van die kleiner “groot” nommers, maar sy beur terug na die motor “covers” en ek laat haar maar begaan. Sal haar nou-nou wys sy het nie ’n “clue” van my rondings nie. Dis maar net die bloes wat so wyd is.

Die eerste swembroek is heeltemal te kort vir my lyf – natgesweet gesukkel om die bandjies of liewer BANDE oor die skouers te trek. ’n Roering by die gordyntjies en die kort, ronde meisie met dun lippies gryp die rekkerige materiaal en beur die res van die plooie wat onder my boude sit opwaarts. Ok, daarso, nou is dit darem nie meer so kort nie, maar die drukking om die midderif maak my duiselig en buitendien was vaalgrys nog nooit my kleur nie.

Swembroek no. 2 word ’n “minimizer” genoem en dit is weliswaar ’n uiters korrekte beskrywing. Die susters is almal in die middel platgedruk en lyk soos twee “gesquashde” spanspekke wat lug soek. Die driedubbele rekmateriaal oor die maag en boude prop alles so effektief in tussen die broekspype dat die blou aartjies op my voete begin bult en daar binne 30 sekondes ’n slaperigheid rondom die bobene ontwikkel. Help nou nie die lyf is “ge-minimize”, maar jy verloor jou bewussyn in die proses nie.

“Third time lucky?” Die swembroek het ’n aaklige geblomde paneel in die middel af en alkant swart panele – alles om slanker te lyk natuurlik. Wel, die klein madeliefies verander in “gerberas” na my gerek en rol op die vloer en die dun goue strepies tussen die blomme lyk skielik soos die voetoorgang in die hemel eendag behoort te lyk  – breed en beslaan met goud.

Dit kan sweerlik nie al wees in die winkel wat my dalk kan pas nie? Die mollige, dunlip, fronsende verkoopsdame kyk my beterweterig aan en ek besluit om self te gaan soek vir iets gemakliker, mooier en wat suurstoftoevoer sal aanmoedig. Nodeloos om te sê: daar was niks anders nie …

Die paar wat nog mooi materiaal gehad het, is hoofsaaklik ontwerp vir no 8 tot 12 figure. Die lycra- tente in my nommer is onderskeidelik besaai met bont strepe en blomme – volgens die verkoopsdame: om die aandag van die figuurfoute af te lei. So in die stilligheid dink ek by myself: “Girlie, jy moet oppas dat daar nie ’n figuurfout by jou is as ek met jou klaar is nie!”

So gee ek maar die stryd gewonne en neem die een met die bont en swart panele en die hemelse “zebra crossing”. Gelukkig is Phuket besaai met eksotiese blomme en bome. Sal maar probeer in-“blend” met die plantegroei en so nou en dan ronddobber in die see – daar waar die groter bote anker.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.