kategorieë: FiksheidGesondheid

Stop jou nikotien-verslawing met oefening

Dit is gebaseer op die stelling dat gereelde oefening daartoe kan bydra om die drang na nikotien te verminder terwyl dit ook ’n gesonder verstand en liggaam kondisioneer. So ook is daar verskeie ander redes waarom oefening kan help om jou rookgewoonte in die kiem te smoor. Ons vertel jou meer daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Oefening stel endorfiene vry

Endorfiene is ’n hormoongroep wat in die brein en senustelsel afgeskei word en lei gevolglik tot gevoelens van gelukkigheid. So ook dien dié “goedvoel-hormoon” as ’n goeie onderdrukker vir die behoefte aan nikotien. Daarom is die groot aantal endorfiene wat ná fisieke oefening vrygestel word ’n effektiewe manier om die verlange na ’n sigaret te verminder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Oefening verbeter jou geestelike welstand

Nikotienverslawing het ’n groot geestelike komponent en dus  speel die verstand ’n groot rol tydens die rehabilitasieproses. Daarom kan oefening daartoe bydra om ’n gesonde ingesteldheid te skep. So ook is dit ’n goeie wyse om alle opgeboude energie op ’n gesonde wyse vry te laat eerder as om alternatiewe verligting te soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Oefening help om verveeldheid te bekamp

Dit gebeur soms dat ’n roker uit pure verveeldheid ’n sigaret sal aansteek. Oefening is egter ’n goeie alternatief hiervoor en kan, soos met rook, by die werk of by die huis geniet word. Konsentreer daarop om kort sessies te doen of loop ’n draai of twee om die kantoor wanneer jy ’n blaaskans nodig het. Nie net sal dit jou aandag van die rook aflei nie, maar dit sal jou ook daardie ekstra tikkie energie vir die res van die dag gee.

• Oefening gee jou ’n doel om na te streef

As jy jou oefensessies met ’n spesifieke doel voor oë in gedagte aanpak, kan dit jou help om die behoefte aan rook te stuit, asook om nie na ou gewoontes toe terug te keer nie. Boonop sal die positiewe veranderinge wat jou lyf ondergaan jou ook motiveer om ’n gesonder leefstyl te handhaaf.

BRON: Zone Fitness

Lees ook: Hoe rook jou vel beïnvloed

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

3 hours Gelede

7 mites oor griep

Met die griepseisoen net om die draai (April/Junie tot Augustus/September), is dit belangrik om die…

3 hours Gelede

Staatmaker-viskoekies

Genoeg vir 8 viskoekies   Bestanddele   Viskoekies: 500 g gevriesde stokvis olyfolie om mee…

6 hours Gelede

Antoinette Louw gesels oor Suidooster se nuwe feeks: “Sy vermy haar eie seer”

Dié ongewilde karakter is die bombastiese redakteur en trendsetter, Amore Meyer, wat nou die een…

10 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

5 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.