1 Kantoorgoeters
Voel jy ook soms daar is geen orde in jou kantoor nie?
Maak ’n hangsak soos hierdie een en stoor al jou kantoorgoed. Jy kan selfs jou tydskrifte in die groot sak stoor. So word alles goed georganiseer en is dit maklik om te vind.
2 Skoentassie
’n Paar antieksjiek (vintage) skoene? Of is jy dalk net trots op jou skoenversameling en wil jy dit nie wegsteek nie? Gebruik hierdie idee om jou skoene in rye te vertoon, bo-op jou hangkas. ’n Ou koffer word omskep in ’n hangplek vir sandale.
Doen dit so: Monteer twee stewige houtpale in die koffer, sodat die skoene se hakke daaroor kan haak.
3 Trapsuutjies
As jy trappe in jou huis het, maak gebruik van die ruimte onder die trappe. Plaas ’n kas onder die trappe en stoor jou goed daarin. Jy kan ook jou televisie daarin wegsteek (wat nie altyd estetiese waarde heg aan jou huis se dekor nie). Kussings kan gestapel word op die onderste rak en onthou: jy kan selfs ’n paar stoorbokse bo-op die kas sit.
Die gebruik van houtboksies is ideaal vir ’n klein plekkie. Indien jy kinders het, werk hierdie idee ook goed. Jy kan ook boksies kry wat onder jou bed inpas, wat dan as ‘laaie’ onder jou bed gebruik kan word.
4 Hangplek
’n Hangplek vir jou handsakke, kamera, baadjies, hoedens, serpe en vele meer. Gebruik ’n houtplank met ’n paar haakplekke. Jy kan ’n ou houtplankie gebruik en jou eie haakplekke daaraan vasmaak. Indien jy nie indraaihoeke wil gebruik nie, maak vier knophandvatsels daaraan vas (wat jy gewoonlik vir ’n kasdeur sou gebruik).
5 Kas-kelder
’n Oulike idee om jou gunstelingwyne in te stoor. Gebruik ’n kas met die regte grootte laaie om een bottel per laai te stoor. Wanneer gaste kom kuier, trek die laaie op verskillende lengtes uit en so kan jy verskillende wyne wys waarvan hulle kan kies.