Versamel ’n paar metaalblikke – blikkieskos-blikkies en groot koffieblikke.
Verwyder die papieromhulsels en maak die blikke goed skoon. Maak drie gatjies (met ’n spyker), onder aan die blikke sodat dit kan dien as dreinering wanneer jy die plantjies water gee. Gee die blikke drie lae verf en bind tou om die bokant.
Nou kan jy dit ophang waar jy wil.