My pad het in 1993 die eerste keer met Steve s’n gekruis. Toe reeds ’n ster, het hy met ’n pet en sonbril ’n bietjie anonimiteit probeer koop. Maar in die Midrandse koffiewinkel waar ek gewerk het, en waar hy feitlik daagliks kom koffie drink het, het ek ’n ander sy van Steve ontdek – sonder dat hy (of ek) ooit gedink het ek sou eendag oor hom skryf. Ek het die ou leer ken wat kon lag vir al die Steve-grappies, die man met die goeie maniere wat sy beurt afgewag het as hy iets bestel het (anders as ’n sekere Springbokrugbyspeler wat altyd seker gemaak het jy weet wie hy is en nie op sy bestelling wou wag nie). Dit was nog voor Natasha, en in die tyd toe sy buite-egtelike liefdeskind die sappigste nuus oor hom was. Vir haar het ek ook gereeld gesien as hy haar fliek toe gebring het, en daarna vir koek en koffie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Bruce Beyers was nog vars in almal se geheue, en mense was in twee kampe verdeel: dié wat mal was oor Steve, en dié wat nie omgegee het nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Nou, 18 jaar later, is mense steeds verdeeld oor Steve Hofmeyr. Steeds die aanhangers, steeds die kritici. Want wat Steve ook al doen, uit die nuus kan hy nie sommer bly nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dis die media, sê party. Dis Steve, sê ander.
Eers was daar die sprokiesromanse en eilandtroue met Natasha Sutherland. Toe twee seuns vir die glanspaartjie. Tussendeur toere, goue albums, ’n digbundel. Toe kraak die seepbel. Nog kinders uit sy verlede duik op, en ook ’n jare lange affair met Janine van der Vyver. Natasha trek uit, en Steve loop deur in die media, in so ’n mate dat hofsake oor en weer aanhangig gemaak word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die afgelope tien jaar gesels ons ’n paar keer vir verskillende publikasies, maar met die laaste onderhoud twee jaar gelede vir rooi rose is dit duidelik dat Steve nie onaangeraak is deur al die drama in sy lewe nie. In 2008 draai hy by die dood om weens ’n kombinasie van stres en kolonprobleme. In die 2008-onderhoud beskryf ek hom as “’n bietjie sinies, baie donker, en ja, ’n bietjie bitter”.
Maar vroeg in September gesels ons weer. Dié keer is Steve nie meer die angry young man van die gelede nie. Goed, tegnies gesproke is hy nie meer ’n jongman nie, maar die kwalik verbloemde woede, sinisme en bitterheid van twee jaar terug is weg.
Tóé het hy gesê: “Ek hou pal die sinisme op ’n afstand. My idee van die liefde het ’n knak weg. Onthou, glo dit of nie, ek het twee mense vir wie ek lief was, gelyk verloor. Om een of ander rede het min vroue begrip hiervoor. Moet net nooit dat dit met jou gebeur nie.”
Nóú sê hy: “Ek is op ’n goeie plek in my lewe. Ek het vrede gemaak met baie goed. Mense wil weet of jy gaan terugkom – hulle stel steeds belang.”
Hy en Janine is weer saam, en twee weke ná ons onderhoud breek die nuus oor Twitter (waarop hy 23 000 aanhangers het): “Ek het Janine gevra om my nuwe CD-omslag se spelling na te gaan. Agter op die nuwe CD vra ek haar, onder die bedankings, of sy nie sal oorweeg om my vrou te word nie. Sy’t dit amper nie raakgelees nie! Toe sy opkyk, was die ring reg!”
Die lewe is weer goed vir Steve. Behalwe Janine, is daar ’n nuwe CD op die rak, en sy vierde boek – Die verste uur – het uitstekende resensies van gerekende skrywers gekry. En oor sy rol in Platteland kan hy nie genoeg gesels nie.
Volgens alle aanduidings gaan Platteland, vervaardig deur Sean Else, een van die grootste Afrikaanse flieks van die dekade wees. Steve beskryf dit skertsend as ’n rolprent met “’n amper ongesonde rolverdeling van sangers”.
“André Odendaal het almal deeglik onder hande geneem, want dis nie ’n gegewe dat sangers kan toneelspeel nie. Dit was ’n heerlike ervaring, en een van die lekkerste rolle wat ek tot nog toe vertolk het.”
Moenie vergeet dat Steve eintlik ’n opgeleide akteur is nie. Hy was destyds nog ’n dramastudent by die Pretoriase Technikon (deesdae TUT) toe hy in Agter elke man as Bruce Beyers bekend geword het.
Bruce was wel soms ’n bietjie van ’n “robbies” in die legendariese antie Stienie (wyle Dulcie van den Bergh) se oë. En in baie kykers s’n ook. “Die hele land het Donderdagaande teen my gedraai,” sê hy laggend. “Maar Bruce het sy saving graces gehad. Ek dink almal wat so ’n boetie gehad het, het my eerste vergewe, maar die res van die sinode is nog teen my,” skerts hy.
Nou, met die heruitsending van Agter elke man, voel dit “n bietjie soos skisofrenie” om homself weer op die kassie te sien. “Ek kan nog die woorde onthou en wat tannie Stienie volgende gaan sê. Ek sien Armand as ek na myself kyk, en ek sien daardie rou James Dean-eienskappe in Bruce Beyers.”
Hy lag as hy onthou dat hy darem vir sy ma-hulle kon sê hy sal nooit soos Bruce word nie.
Die onthou is lekker. “Bruce Beyers het my loopbaan afgeskop en my die kans gegee om te doen wat ek eintlik wou: sing. Ek het soggens klasgedraf, smiddae deurgejaag Johannesburg toe om aan Agter elke man te skiet, en saans in Fingers gesing.
“Dis nogal ironies dat ek, van al my vakke, die slegste in sang gedoen het. Seker omdat ek nie deur my skedel en diafragma gesing het nie.” Hy demonstreer hoe jy nou eintlik deur jou skedel moet sing. “Die dosent het gesê ek misbruik my stembande.” Die kenmerkende heesheid, spot hy, hou hy vol deur “voor elke vertoning melk te drink en kaas te eet. Maar eintlik is ek seker maar net ’n bariton wat te veel note probeer sing. En ek sien Armand doen presies dieselfde”.
Terug na Platteland en die lekkerte van weer voor die kameras wees. “Ek speel Mike Ferreira, ’n 57-jarige Mafiaboer-karakter. Hy en sy familie voer ’n skrikbewind in die kontrei, en Riana van Niekerk (Lianie May), ’n vrou wat sukkel om haar familieplaas te behou, is sy jongste teiken. Mike is Bruce Beyers, dertig jaar later.” Hy lag lekker. “So in my kraal. Die hoogtepunt van die rol is so ’n regte bad ass-song wat ek en my seun Jakes in die fliek (gespeel deur Jay) sing. Dit ruk ’n ou se hart uit.”
Hy het sy karakter so ’n bietjie geskoei op wyle Eugène Terre’ Blanche, in lewe AWB-leier en bekend vir sy charisma. Hulle het dikwels gepraat (Steve het ook al saam met president Zuma vleisgebraai). “Mike het ’n groot aura. Hy het charisma, en praat in sulke nadruklike sinsnedes, nes Eugène.”
Steve het twee kinders in die fliek: ’n seun Jakes (Jay) en Rolene (gespeel deur Karlien van Jaarsveld). Hanna Grobler (Getroud met rugby) is sy tweede vrou, Louise, “sy trophy wife”. Mense wat al die fliek gesien het, sê Mike laat Bruce Beyers na ’n Sondagskool-onderwyser lyk. “Bruce het nog ’n hart gehad – Mike is omtrent dertig grade van Bruce verwyder,” verklap ’n ingeligte bron.
As dit by sy loopbaan kom, begeer hy eerder die langdurigheid van Neil Diamond – wie se liedjies hy ook graag sing – as “die ontploffing van ’n Lady Gaga. Daardie soort roem, gekoppel aan snaakse klere en opspraakwekkende uitlatings, is baie verganklik. Maar kyk vir Neil. Gewild oor twee of drie geslagte, en mense luister al dekades lank na sy musiek”.
Ervaar hy al iets daarvan? “Ja, dis nogal lekker om te sien daar is verskillende generasies by my konserte.”
Natuurlik het hy gaan kyk toe Neil Diamond hier opgetree het. En hy was ámper daar toe Bono en U2 in die Kaapstad-stadion opgetree het. “Ek kon nie wag om hulle te sien nie. Ek was seker een van die eerstes wat my kaartjies gekoop het toe ek hoor hulle kom toer.”
Was die kaartjies-in-die-Jukskei net ’n publisiteitsfoefie?
“Dit was nie as een beplan nie, en ek het regtig my kaartjies in die Jukskeirivier gegooi ná sy uitlatings oor struggle songs.”
Maar ja, dit het goed uitgewerk om publisiteit te kry teen die hele ding van “Kill the Boer” en struggle songs, en daaroor is hy nie spyt nie. Die positiewe kommentaar het ingestroom – tot uit Ierland, Bono se geboorteland.
“Maar die linkse en behoudende media vertel verskillende stories. Tog, as ek na my blog daaroor kyk, is dit die blog wat die tweede meeste van almal gelees is. Terloops, die ander een was 42 dinge wat die ANC moet weet.”
Hy wéét hy was reg. “Radio 702 het drie dae ná my eerste twiet oor die kwessie daarop aangedring dat Bono sy uitspraak – dat die sing van struggle songs soos “Kill the Boer” aanvaarbaar is – moet kom opklaar.”
Toe Tim Thabete van OFM Radio sê Steve het deur sy veldtog ‘n negatiewe boodskap uitgestuur, eerder as om die aandag op plaasmoorde te vestig, het ‘n luisteraar hom uitgedaag om saam met Steve Kaap toe te ryloop vir publisiteit.
“Ons kon lekker praat. Die soort gesprek wat Suid-Afrikaners al voor 1994 moes gehad het. Hy het byvoorbeeld reguit gevra of ek ’n rassis is, en ek kon myself verduidelik. Ons het immers ’n klomp ure agterop ’n bakkie gehad om te verwyl … ”
Die plan was om U2 se Kaapse konsert by te woon, maar dit het nie gebeur nie. “Danksy vier stadige lorries in die Karoo het ons in Kaapstad aangeland presies toe die mense die stadion ná die konsert verlaat … ” Maar as hy kon, sal hy dit weer doen. “Nog voor ons uit Bloemfontein vertrek het, het ons al R49 000 ingesamel vir Agri-Securitas, ‘n organisasie vir landelike beveiliging. Dit het niks te doen gehad met Steve Hofmeyr nie, maar alles met ander mense wat ek sien as ek deur die land toer – mense in wie se huise ek oornag. Net ’n aand of so voor Bono se uitlating, het ek by iemand op ’n plaas geslaap wat lyk of hy deur ’n leeu aangeval is. Ek het nog so ’n grappie gemaak, en toe sê hy dis wonde wat hy opgedoen het toe hy sy gesin in ’n plaasaanval moes beskerm.”
Hy was nooit van plan om die gewraakte k-woord in sy liedjie te gebruik, soos hy toe gedreig het nie. “Maar ek het ’n belangrike punt gemaak. As Malema nie ophou nie, kan ek begin.” Dis jammer, mymer hy, dat hy nou as ’n “regse, ’n aartsrassis” gesien word. “Mense vergeet maklik. Eens was ek in die nuus omdat ek Yvonne Chaka Chaka op TV gesoen het.
“Vir my was dit nog nooit oor wit en swart nie. Ek het dinge nie so gesien nie, maar die huidige regering het my dit laat doen. Ek bedoel: jy mag dit adverteer as jou maatskappy BEE is! Wit en swart is tog tekenend van die verlede. Maar al is velkleur nie veronderstel om ’n verskil te maak nie, lewe ons steeds in die war daarvan.”
Vir hom was die hele polemiek “simptomaties van die multi-kulturele droom om ontslae te raak van definisies soos ‘my mense’. Ek sal vir alles humanitêr val, behalwe daarvoor. Ek stel glad nie meer belang in ’n debat oor die definisie van die Afrikaner nie. Ek is pro choice. Ek sal in ’n optog stap vir my keuses. My erns oor ’n plek in die wêreld vir my mense en hul erfenis is nie meer debatteerbaar nie. Dis tog my identiteit! ’n Mens druk nie arm met jou identiteit nie!”
Maar genoeg oor ernstige dinge. Mag ons oor hom en Janine praat?
“Ja, maar jy moet ook weet dat ek nie noodwendig alles gaan antwoord nie,” sê hy op sy kenmerkende reguit-Steve-manier. Met ’n skewe glimlag om die mond. “En party goed gaan ek so antwoord dat dit soos ’n antwoord klink,” skerts hy. Of dalk nie …
Hoe het hulle weer bymekaar uitgekom? “So drie weke voor die hofsaak met Janine is ek en Suné uitmekaar. Suné was die beste ding wat destyds met my kon gebeur. Sy het my baie lig laat voel toe ek op my swaarste en seerste was.”
Oor hoekom hulle uitgemaak het, is daar nog nooit ’n woord in die media gerep nie. “Ek wou Janine ontmoet om dinge uit te praat. Ons was vuisvoos, vloekvoos, minagtingvoos na alles wat oor en weer gesê is. Dit was ’n vreemde ontmoeting. Hier was die mens wat eintlik my opperste vyand moes wees, maar ook die een rede hoekom my hele wêreld onderstebo was. Ek het twee mense verloor wat ek baie liefgehad het. Ek het dalk desperate hoop gesien op ’n plek waar daar nie hoop was nie, maar tog, ek het dieselfde by haar gesien. Ons was albei moeg kwaad gewees.”
Hulle het opgestaan van die restaurant se tafel en ver gaan stap. “Ons het oor gewone goed gepraat. Oor die lewe, haar hond, hoe dit met haar ma gaan … En ons het besef ons het meer tyd gemors as enigiemand wat ons ken. Die besef was bevrydend, maar ook frustrerend, want ek is nie meer op ’n ouderdom waar jy wil tydmors nie.”
Maklik was dit nie. “Ons het albei besef ons trek aan die duiwel se stert. Onthou, ons het twee weermagte daarbuite teen mekaar opgestel. Mense wóú bloed sien vloei hieruit.”
Maar ná agt maande saam kan hy eerlik sê hulle pas bymekaar. “Soos die stukke van ’n ou, geliefde puzzle wat jy weer by jou ouma se huis ontdek het. Al die stukke is nie meer daar nie, en almal het dalk nie meer duidelike prentjies op nie, maar dit pas. Soos ’n storie in ’n sprokiesboek.
“Het jy The Adjustment Bureau gesien? Ek en Janine het daarna gaan kyk, en so ’n bietjie gelag. Die enigste ding wat mense van mekaar weghou, is dikwels die liefde. Ja, die engele het ons nogal gekortwiek.”
Dalk dié dat hy op sy album Een-duisend-en-een sing: “Ek hang soms aan die enkels van die engele hoog, ek staan soms op die skouers van die reuse daarbo, maar ek wens so ek kan ons s’n bly en ons ewig jonk, maar ek voel eers ek kan alles doen as jy my liefling noem …”
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.