Wonderwerke
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Sy is nou wakker en ek het vir haar gesê ons sal deur die venster vir haar waai. Miskien gaan dit more beter en dan kan jy ingaan,” sê Annie en neem Amo se hand. Hy voel effens bang om Jessie na al die weke weer te sien. Laas was dit die dag voor die huissport en sy het nog gelag en rondgehardloop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daar is ’n groot venster waardeur hy haar kan sien. Haar bed is naby die venster gestoot. Hy herken haar eers nie sonder haar hare nie. Sy het ’n snaakse geel kleur en sy is baie maer. Maar Amo wil nie wys hy is geskok om haar so te sien nie. Hy waai eers skamerig. Jessie lê op haar sy en kyk na die venster. Sy lig haar hand op en glimlag. Sy het ’n drup aan haar arm en ’n suurstofpypie by haar neus. Amo weet nie eintlik wat om voor die venster te maak nie. Hy voel ongemaklik. Jessie trek haar mond skeef en steek vir hom tong uit. Hy sit sy duime teen sy ore en waai met sy vingers vir haar. Dit laat haar glimlag. Vir ’n rukkie trek hulle skewe gesigte vir mekaar, maar hy kan sien sy raak moeg. Voor hy loop, lig hy sy hand op en maak of hy ’n Buddy-groet gee. Jessie glimlag net skeef. Annie bly by Jessie agter.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }In die hospitaal se koffiewinkel bestel Gerald en Janus koffie. Amo bestel ’nmilkshake, maar hy weet nie of hy kans sien om dit te drink nie. Hy voel effens naar van onsteltenis.
Janus blaker alles aan Gerald uit oor hulle onderonsie met die verkeersman. Amo is eintlik verlig want dit verbreek die spanning.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Gaan koop vir ons die Volksblad, Amo, ek hoor Brandwag se vasvra-span is op die voorblad. Jy kan die foto môre vir Jessie wys.”
Amo kry die idee Janus en Gerald wil iets bespreek. Hy maak of hy by die tydskrifte rondblaai, maar spits sy ore. Hy hoor iets van Jessie se lewer en longe. Dan hoor hy ’n woord wat sy bene lam maak: “terminaal”. Hulle maak seker ’n fout, dink hy. Jessie sal nie doodgaan nie. Selfs Juffrou Alta het gesê daar kan altyd wonderwerke gebeur. Hy neem hom voor om God weer die aand vir ’n wonderwerk te vra. Jessie verdien ’n wonderwerk.
Die aand sukkel hy ’n rukkie om sy teleskoop op die gastehuis se balkom in te stel. Die internasionale satellietstasie beweeg op die regte tyd verby. Hy roep Janus om te kom kyk. Hy wys hom ook ’n paar interessante sterre en planete wat in sig is.
“Amo, dit gaan regtig sleg met Jessie. Die kanker het versprei.”
“Ek weet. Ek het jou en Gerald gehoor praat.”
“Jy is hier om vir haar die laaste dae makliker te maak, hoor jy?”
Amo se mond voel droog.
“Ek weet dit is moeilik. Ek is regtig jammer dit gebeur met jou, maar dié week is daar ’n groot taak op jou skouers. Jy sal Jessie moet help met die laaste tydjie. Verstaan jy?”
Amo knik sy kop.
“Glo jy aan wonderwerke, Janus?”
“Ons mag nooit ophou om aan wonderwerke te glo nie.”
“Is iemand wat jy ken al dood?”
“Ja, my ma. Ek was op hoërskool toe sy borskanker gekry het. Sy was lang rukke baie siek en toe gaan haar kanker in remissie. Dit was ’n wonderwerk waarvoor ek gebid het.”
“Toe kom haar kanker terug?”
“Partykeer kry mens nie ’n tweede wonderwerk nie. Dan moet jy berus by God se wil. Ek was baie na aan my ma, soos jy en jou ma. Dit was vir my swaar. Dis hoekom ek weet dit gaan vir jou swaar wees met Jessie.”
“Toe my pa dood is … Ek het dit nie verwag nie.”
“Jy kry darem nou kans om Jessie te groet, maar jy mag steeds vir jou wonderwerk bid.”
AMO droom daardie nag van die rietbos en die watertoring. In sy droom is hy en sy pa in die rietbos, dan sien hy sy pa stap na die toring. Hy wil sy pa keer, maar die riete hou sy bene vas. Sy pa klim die toring uit.
Janus skud hom wakker en hou ’n glas koue water na hom uit.
“Drink, jy sal beter voel.” Amo raak eers weer teen dagbreek aan die slaap. Janus maak hom nege-uur wakker om te gaan stort.
“Ek het met Gerald gepraat. Jy mag vandag ingaan, al is sy swak.”
Amo voel aan dat dit nie eintlik goeie nuus is nie. Gee die dokter dan nie om of hy kieme indra nie? Hy neem hom voor om nie aan Jessie te raak nie.
Jessie sit regop met klomp kussings agter haar. Haar oë is toe. Amo kan sien dat sy nie meer ooghare en wenkbroue het nie. In sy sak voel hy die rooi narneus en plastieksnor wat hy onder by die hospitaal se kafeteria gekoop het. Hy weet nie hoekom nie, maar miskien beur dit Jessie op. Die suster by die saal het dit eers ontsmet voor hy dit kon inbring.
Annie raak liggies aan Jessie se wang. “Kyk wie is hier.”
Jessie glimlag breed. Sy steek haar hand uit vir ’n Buddy-groet.
“Hoor julle het toe darem gewen?”
“Dit was rof! Jy sal nooit glo wat was die laaste vraag nie. Wraggies een uit Ou Wessels se lys vrae. Een oor ’n sepie. Maar ons twee se navorsing het gehelp. Dit was close. Ek dink die ouens van Adelaar het hulle al reggemaak vir die trofee, toe haak Ou Wessels se simpel lys ons deur.”
Jessie glimlag. Sy raak kortasem as sy praat. Amo begin eers ontspan as Annie haar verskoon om te gaan tee drink. Hy haal die snor uit sy sak en sit dit aan. Hy maak Snorre na: “Jessie, hoekom kom jy nie skool toe nie? Jy het seker skoolsiekte!”
Hy sit die narneus vir haar aan. Dit lyk vreemd teen haar geel vel.
Hulle kyk vir mekaar en lag.
“Jy is ’n ware Buddy, Amo, nou sal ek beter word.”
“Jy sal, jy sal sien. Miskien is jy môre soveel beter dat ons milkshakes in die kafeteria kan gaan drink. Hulle maak lekker pienkes.”
Amo weet dit gaan dalk nie moontlik wees nie, maar geniet dit om met Jessie te praat en oor lawwe goed te droom wat hulle als gaan doen as sy weer gesond is.
“Ons het lanklaas met ons scate boards gery. Dit is die eerste ding wat ons gaan doen as jy huis toe kom.”
Hy vertel Jessie ook van die verkeersman en die rysmiere.
“Dalk is Janus nie so ’n slegte ou nie, Amo. Wat sou jy gemaak het as jou ma met Johnny Bravo uitgegaan het?”
“Ek sou saam Kurt weggeloop het. Of nee, ek sou in die teenoorgestelde rigting as Kurt weggeloop het.”
Amo vertel haar dat Kurt se pa se baas hom na ’n rehabilitasiesentrum gestuur het en dat die welsyn die gesin help om berading te kry.
“Kurt se pa het nie ’n keuse gehad nie anders het die welsyn Kurt en sy boetie in pleegsorg geplaas. My ma sê sy glo dinge gaan nou beter gaan daar.”
Jessie voel ook jammer vir Kurt-hulle.
“As ek weer skool toe kom, sal ek met hom probeer maats maak,” belowe sy plegtig.
Amo lag. “Jy het hom darem lekker hard gepot daardie dag langs die rivier.” Hulle lag.
“O ja, al die kinders stuur groete.”
“Hoe gaan dit met ou drama queen?”
“Sanet? Sy en die ander meisiekinders stuur sommer baie groete. Selfs Linette. Sanet sê sy is jammer sy was so mislik met jou.”
Hy vertel Jessie van Sanet se wonderbaarlike herstel by die huissport en dat sy toe die rekords laat spat het.
“Ek is bly sy het haar rekords gekry. Vir party mense is sulke goed belangrik.”
“Jy sou gewen het,” verseker Amo, Jessie.
“Dit sou lekker gewees het om vir oulaas te wen. Regtig fair and square te wen. Maar toe word ek te vinnig siek.”
“Het jou ma-hulle nie omgegee as jy aan sport deelneem nie? Ek meen, jy was voor dit siek.”
“Ons het besluit ek sal aan alles deelneem so lank ek kan.”
Jessie vra hom om vir haar ’n stuk uit ’n boek te lees. Maar hy weet dit is omdat sy moeg raak van die praat. Sy raak aan die slaap terwyl hy lees.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.