Sterkrans met salm en kappertjiesade deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek
Gebruik die ander helfte van die brooddeeg om die sterkrans te maak – klik hier vir die resep
Sterkrans met salm en kappertjiesade
Ingredients
- Vulsel
- • 100 g (1 k) parmesaankaas, fyn gerasper
- • 1 x 300 g-bakkie mozzarellaballetjies, ongeveer 6 balletjies
- • 3 middelslag-aartappels, in skywe gesny
- • 125 ml (½ k) kappertjiesade
- • 1 rooi-ui, geskil en in dun skywe gesny
- • 1 sprietui, gekap
- • 1 eier, geklits
- Opdiening
- • 100 g (1 pakkie) gerookte forel
- • 2-3 sprietuie, gekap
- • 4-5 klein radyse, gesny
- • hand vol kappertjiesade
Instructions
1 Kook die aartappels tot sag in water wat met sout gegeur is. Dreineer en hou eenkant.
2 Knie die deeg af sodra dit tot dubbel die grootte gerys het. Rol dit sowat 5 mm dik uit op ’n skoon werksvlak. Sny ’n sirkel van 40 cm uit die deeg.
3 Verhit die oond tot 200 ˚C. Gebruik ’n piering en sny ’n sirkel in die middel van die deeg. Sny ’n kruis deur die middel van die middelste (kleiner) sirkel.
4 Maak nog 8 snye van 5 cm aan die buitekant van die groot sirkel. Spasieer die snye eweredig om die sirkel, want dit gaan die punte van die ster word.
5 Sprinkel die parmesaan oor die pizza. Skeur die mozzarellaballetjies in kleiner stukkies en pak eweredig oor die pizza uit, saam met die gesnyde aartappel, kappertjies, rooi-uie en sprietuie.
6 Vou die vier driehoeke in die binneste sirkel na buite bo-oor die vulsel om ’n gat in die middel van die sterkrans te vorm.
7 Vou nou die boonste hoekie aan weerskante van die 8 snye (in die buitenste sirkel) na binne sodat die twee sye mekaar raak en dit ’n sterpunt vorm. Jy moet uiteindelik 8 sterpunte hê. Verf die pizza met die eierwas en bak vir 20-25 min. of tot goudbruin.
8 Haal uit en laat afkoel. Pak die forellinte, gekapte sprietuie, radyse en kappertjies bo-op. Maak toe met foelie en pak in vir die piekniek. Sit met skeppies crème fraîche voor.