Ilse Klink se talente is so wyd soos die horisonne van die Noord-Kaap. Sy was in musiekblyspele soos Chicago en Mamma Mia! en ernstige teaterstukke soos Kristalvlakte en Krismis van Map Jacobs. Op TV en in film kan sy enigiets van drama tot komedie doen en haar vertolking van Maggie in Nêrens, Noord-Kaap het haar in die harte van kykers ingespeel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ja, Maggie is dit alles. ’n Baie liefdevolle vrou wat eintlik die vroulike hoof van daardie familie is. Ek dink wat ek die meeste van haar gaan onthou, is dat sy sterk is en nie op haar mond geval is nie. Sy noem ’n ding op sy naam, praat die waarheid en sy sê dinge wat mense nie wil hoor nie, maar sy is ook baie beskermend oor haar seuns, ál haar seuns. Sy is regtig die toonbeeld van ma-wees. Ook ’n vrou wat in Deel II haarself en haar onafhanklikheid vind en meer word as net ’n ma vir hierdie volwasse mans. Maggie kry haar plekkie in die son.
Frank is een van die mees spesiale mense wat ek ken, regtig ’n wonderlike mens. Hy is ’n interessante mens en sy manier van goed doen, is wonderlik. Met die uitsending van die eerste seisoen, het ek en Frank om die draai van mekaar in Johannesburg gewoon en ons inkopies by dieselfde Spar gedoen. Ons het altyd gespot dat as ons mekaar daar raakloop, ons in karakter sal gaan en ’n toneel uitspeel. Ongelukkig het dit nooit gebeur nie en nou woon hy in die Kaap. Ons werk altyd baie lekker saam en hy laat my lag!
Dit was maklik om teenoor hom te speel, want hy het Lourens so spesiaal gemaak – hulle verhouding, vriendskap en omgee vir mekaar. Hy gee werklik om vir mense en ek dink dit is wat op kamera oorkom. Dit was ’n besondere spesiale tyd.
Dis moeilik om balans te hou, maar as ek sien dat ek nou te veel televisie gedoen, sal ek teater doen. Afrikaanse teater is my eerste liefde. Ek sal baie graag ernstiger Afrikaanse teater in 2025 wil doen, maar ons sal sien. Ek doen dit soos die werk kom en kies nie die een bo die ander nie.
Die mense agter die skerms. Nie net die akteurs nie, maar almal aan die produksiekant ook. Die mense wat op Nêrens gewerk het, is die spesiaalste mense wat ek al ooit mee gewerk het. Daar was ’n gevoel van vrede en kalmte. Almal het mekaar vasgehou. Dit was die ongelooflikste ondervinding want daar was nooit enige spanning op stel nie. Dis ’n voorreg om in die Noord-Kaap te skiet en dit was ook ’n hoogtepunt. Dit gee jou ’n sin van wat hierdie reeks moet wees. Ons kon daardie rustigheid oorbring op die skerm, want dit is werklik hoe dit was.
Lees ook: Daneel van der Walt gesels oor vasbyt en ‘Nêrens, Noord-Kaap’ se sterk Suzette
Albert Pretorius is ’n grapjas en as ons tonele saam gedoen het, het hy soms ná die toneel klaar was, aangegaan en snaakse goed kwytgeraak. So, die stel was baie rustig, maar met Albert daar, was daar altyd iets om oor te lag. Ek is baie lief vir hom.
Die rustigheid. Elke deel van Suid-Afrika het sy mooi, maar ek dink die Noord-Kaap se stilte is wat dit so spesiaal maak. Vroegoggend is daar ’n stilte wat so mooi is.
Hou die sneesdoekies byderhand. Ek dink harte gaan nog breek. Dis al wat ek gaan sê.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Melissa Willering oor ‘Nêrens, Noord-Kaap’
Hierdie jaar het ek ’n plek bereik waar ek meer tyd saam met my familie wil deurbring. Ek is van Augustus af al rustiger en ek besef ek is bevoorreg om dit te kan doen. Ek mis my mense, my ouers en my kinders. My droom vir 2025 is dus om meer teater en dalk feeste te doen sodat ek meer tyd saam met hulle kan spandeer.
Nêrens, Noord-Kaap Deel II wys Dinsdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.
Lees ook: Van Tannie Ans tot Marion Monroe: Marion Holm is ’n aktrise vol verrassings
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…
Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…
Hierdie webwerf gebruik koekies.