Hier is ’n paar wenke:
- Bottels moet geen krake of barste hê nie en silwerskoon wees.
- Sit die bottels in ’n oondpan wat met ’n skoon vadoek uitgevoer is. Gooi ’n bietjie kookwater in die pan en laat lê die oop bottels daarin. Sit die deksels teen die kante van die pan. Sit in die oond en laat tot by 110 °C warm word. Die bottels moet warm uit die oond kom.
- Jy kan bottels ook in die mikrogolf steriliseer: Maak halfvol water en kook vir ’n paar minute op die hoogste stelling.
- Bottels kan ook in ’n skottelgoedwasmasjien gewas word, of in ’n groot kastrol in kokende water gedompel word.