kategorieë: KalenderOntspanning

Stellenbosch Wynfees 2018

Maak gereed vir die Pick n Pay Stellenbosch Wynfees,  wat die room van die Stellenbosch-wynroete se wyne sal aanbied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie jaar sal die wynfees twee merkwaardige wynervarings aanbied, die General Wine Tasting Experience en die Premium Wine Tasting Experience. Die General Wine Tasting Experience gee jou die kans om wyne van 60 verskillende wynplase te proe en te koop met 20 gratis wynproewings. Die Premium Wine Tasting Experience bied jou 30 gratis wynproewings, pryswennerwyne van Stellenbosch, sewe tafels met verskillende kultivartemas én ’n geleentheid om die wynmakers self te ontmoet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Alle feesgangers het toegang tot skaduryke sit-areas en die Gourmet Food Lane met gratis regstreekse vermaak. Daar is ’n uitgesoekte kinderarea waar die Momentum Health Kiddies Area die kleinspan gratis vir die dag sal vermaak en oppoas. Jy kan na hartelus koop by hierdie fees aangesien Aramex ’n gratis wynafleweringsdiens bied vir enige wyn wat by die fees aangekoop is na enige adres in Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Let wel dat hierdie fees ’n kontantlose sisteem sal volg wat besoekers toelaat om die fees te geniet met ’n veilige en bestuurbare geldoplossing. Elke feesganger sal ’n kaart ontvang wat soos ’n debietkaart funksioneer wat jou toelaat om by enige stalletjie (beide wyn en kos) te kan koop. Indien die geld op die kaart opraak, sal jy by die amptelike kassierstent aanmeld waar ’n beskikbare assistent jou sal help om ’n verdere bedrag op die kaart te laai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Besonderhede

Datum: Vrydag 23, tot Sondag 25, Februarie 2018

Tye: Vrydag 23 Februarie: 16h00 – 21h00

Saterdag 24 Februarie: 12h00 – 20h00

Sondag 25 Februarie: 12h00 – 18h00

Plek: Coetzenburg Sportgronde, Stellenbosch

Prys: R150 – R350

Kaartjiebesonderhede:

General Wine Experience: Vrydag: R150; Saterdag: R190; Sondag: R190. Hierdie bedrag sluit in ’n proe-glas, toegang tot die General Wine Experience-proewingsarea en ’n kontantlose kaart gelaai met 20 gratis wynproewings.

Premium Wine Experience: Vrydag tot Sondag: R350. Hierdie bedrag sluit in ’n proe-glas, toegang tot die General Wine Experience en Premium Wine Experience-proewingsareas, ’n gratis charcuterie-bord, en ’n kontantlose kaart gelaai met 30 gratis wynproewings.

Kaartjies is beskikbaar by Webtickets. Kinders onder 18 se toegang is gratis, maar hulle sal nie ’n proe-glas of kontantlose kaart ontvang nie. Kaartjies is beperk, so bespreek vroeg om teleurstelling te vermy.

Vir meer inligting en die volle fees-skedule, besoek gerus die webblad of volg hulle op sosiale media.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

8 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

8 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.