kategorieë: Ontspanning

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oor die afgelope 20 jaar het MSI standvastig gebly in hul verbintenis tot een hoofbeginsel: Die verbruiker se ervaring is uiters belangrik. Die oortuiging wat hulle lei dat “slegs deur ons verbruikers te verstaan, kan ons wonderlike produkte skep” is wat tot hul sukses bygedra het deur hul verbruikers gewaardeerd te laat voel en hulle ’n integrale deel van MSI se reis te maak. Om hierdie mylpaal te vier, deel Eric Kuo, die uitvoerende visepresident en hoofbestuurder van die Laptop Business Unit, MSI se uitsonderlike storie. Hy dink na oor die uitdagings en lekkertes. Met ’n warm glimlag, sê hy: “Ons vorm die toekoms van tegnologie en ons verbintenis tot uitsonderlikheid het ons aangevoer om innovering na die skootrekenaarbedryf te bring, grense te verskuif en die jongste ontwikkelinge in tegnologie aan te gryp. Ons sal voortgaan om in die speletjiesektor te belê, ons wil in kampusse uitbrei en ons besigheid en geskepte produkreekse groei om vir nog 20 jaar in ons verbruikers se behoeftes te voldoen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Eric Kuo, uitvoerende visepresident en algemene bestuurder van die Laptop Business Unit by MSI, deel ’n paar minder bekende stories oor die maatskappy.

Ter ere van hierdie belangrike geleentheid, kondig MSI met trots ’n reeks boeiende vertonings aan: “MSIology: MSI Laptops 20th Anniversary Exhibition sal die wêreld deurkruis. Hierdie opwindende vertoning gaan op ’n wêreldwye toer vir die hele jaar, en maak ’n draai by plekke soos Korea, Poland, Indië, Italië, Vietnam, Japan, Spanje, Frankryk, Amerika en ander interessante bestemmings. Bewonderaars en geesdriftiges van elke hoekie van die aardbol word entoesiasties uitgenooi om in hierdie vreugdevolle viering deel te neem.

Om hierdie 20ste bestaansjaar verder te herdenk, stel MSI ’n eksklusiewe verkoopspromosie bekend. Geniet spesiale afslag en ’n opwindende hoeveelheid bykomstighede saam met jou gunsteling MSI-produkte.

Moenie die kans misloop om van wonderlike winskopies gebruik te maak nie! Sien die spesiale winskopies hier: https://msi.gm/S1785151

Om 20 jaar en meer te vier. Die MSI 20th Year Anniversary is ’n opwindende vertoning wat vir 2024 ’n wêreldtoer onderneem (Foto deur MSI verskaf)

MSI, wat in 1986 gestig is, se reis getuig van veerkragtigheid en aanpasbaarheid. Aanvanklik het hulle met moederborde en grafiese kaarte begin en hul tegniese vaardigheid hiermee het hulle erkenning in die bedryf besorg. Die uiteenlopende potensiaal van die rekenaarbedryf het daartoe gelei dat hulle na notaboeke en stelsels uitgebrei het. In 2004 het hulle hul eerste skootrekenaar, die M510C, bekendgestel wat die begin van hul reis in skootrekenaarontwikkeling was. Die reis was egter glad nie maklik nie. In 2009 het MSI verwag dat draagbare, liggewigskootrekenaars die mark sou oorheers. Dit het tot die suksesvolle ontwikkeling van die X340, die dunste skootrekenaar op die tyd op die mark, gelei. Tog het die vinnige opkoms van slimfone en tablette verbruikersgewoontes dramaties verander, wat MSI voor ’n moeilike uitdaging te staan laat kom het. Maar MSI se veerkragtigheid en vasberadenheid het tot ’n strategiese verskuiwing gelei wat die maatskappy se toekoms sou herdefinieer.

Uitdagings bring dikwels nuwe geleenthede. Hierdie probleme het MSI aangespoor om weer na te dink oor wat verbruikers werklik wou hê. Eric het onthou dat die speletjie World of Warcraft in hierdie tyd baie gewild was. Tydens ’n besoek aan ’n oorsese LAN-partytjie het hulle opgemerk dat spelers swaar rekenaars na die geleentheid saamsleep. Wat hierdie spelers regtig nodig gehad het, was ’n rekenaar wat goed presteer in ’n meer kompakte vorm. MSI het die potensiaal van die speletjiesmark raakgesien en het toe besluit om weg te beweeg van prysoorloë en eerder op die ontwikkeling van speletjieskootrekenaars van hoë waarde vir verbruikers te fokus. Deur spelers se behoeftes eerste te stel en produkte daarvolgens te skep, het MSI begin om die een skootrekenaar vir speletjies na die ander vry te stel wat aan al die spelers se vereistes voldoen het. Hierdie strategie het MSI se ryk van skootrekenaars gevestig, en teen 2015 het hul skootrekenaars vir speletjies die hoogste markaandeel regoor die wêreld behaal.

Derek Chen, die visepresident van die Global Business and Marketing by MSI se Laptop Business Unit, benadruk hoe belangrik dit is om jou klante te verstaan: “Jy moet die rolspelers ken om goeie produkte te skep.”

Derek Chen, die visepresident van die verkope en bemarking vir MSI se Notebook Business Unit, het ook sy insigte gedeel. Om die speletjiesmark van ’n heel onbekende hoek te betree was nogal ’n uitdaging vir die maatskappy wat ’n interne transformasie ondergaan het. Hulle moes werknemers daarvan oortuig dat “speletjies die toekoms is”. Om dit te bereik het hulle talle lesings en opleidingsessies gehou om almal te help om die speletjiesatmosfeer en die neigings op sosiale media te verstaan. Dit was in ’n skrille kontras met die tradisionele benadering tot rekenaarnavorsing en -ontwikkeling. Deur hierdie pogings het werknemers selfs regstreeks begin te stroom en met ander spelers aanlyn begin kommunikeer. Hierdie leerproses het werknemers gehelp om hul werk te internaliseer, wat op sy beurt klante en verbruikers positief beïnvloed en die MSI-handelsmerk diep in almal se gedagtes vasgelê het.

Wanneer dit by die ontwerp en skep van ’n produk kom, was Derek duidelik dat omvattende navorsing in verbruikers se behoeftes en die mark se haalbaarheid noodsaaklik is voordat ’n nuwe produkte bekendgestel word. Die tyd wat dit vat kan wissel, maar sodra die rigting bevestig is is MSI trots daarop dat hulle alles vanaf die produk se idee, die sagte en hardeware se ontwerp tot die vervaardiging in hul eie fabrieke hanteer. Die geïntegreerde benadering maak dit vir hulle moontlik om vinnig produkeienskappe aan te pas wat op terugvoer gegrond is om sodoende altyd die verbruiker se perspektief eerste te stel – iets wat onteenseglik die sleutel tot hul sukses is.

As daar een onlangse skootrekenaar is wat uitstaan, dan benadruk Derek dit as die samewerking met Mercedes-AMG. Praatjies oor ’n vennootskap het voor die pandemie begin, aangesien albei soortgelyke waardes gedeel het en iets spesiaals saam wou skep. Ten spyte van verskeie vertragings, het hulle weer in 2022 hul praatjies hervat, en AMG het nie enige ander vennoot oorweeg nie. MSI se strewe na innoverende tegnologie en hoë verrigting het gemaak dat hulle met sukses die Stealth 16 Mercedes-AMG Motorsport A13V geskep het, waarin albei handelsmerke se visies vir uitsonderlikheid verenig word. Die skootrekenaar het die verbruikers se goedkeuring weggedra en verskeie toekennings ontvang, wat die oortuiging versterk het dat dit nooit verkeerd is om na aan mense se wortels te bly nie.

Een van die span se trotsste, onlangse prestasies is die beperkte uitgawe van die skootrekenaar wat in samewerking met Mercedes-AMG geskep is.

In reaksie tot die groeiende aanvraag vir draagbaarheid tussen spelers, het MSI die Claw- speletjiesrekenaar bekendgestel wat in die hand vasgehou kan word. Derek glo moderne tegnologie sorg vir toerusting wat goed presteer om in ’n kleiner formaat geïntegreer te word, wat MSI help om hul vorige voordeel goed te gebruik en met sukses spelers se aandag te vang.

MSI het onlangs begin om handtoestelle vir speletjies bekend te stel, propvol toerusting wat goed presteer in klein toestelle, wat dit vir spelers moontlik maak om enige tyd te speel en die pret van speletjies te geniet.

Vir vier jaar in ’n ry het MSI die titel vir beste skootrekenaar-handelsmerk in die “Reader’s Choice’-meningspeiling behaal, wat deur die bekende tegnologie-mediahuis PCMAG uitgevoer, behaal. MSI, wat in ’n stadium Apple oortref het, het konsekwent bewys dat hulle beter vaar en ’n vooruitdenkende handelsmerk etos oor twee dekades handhaaf. MSI het konsekwent beter gevaar en ’n innoverende gees gehandhaaf, wat luukse ervarings vir oordeelkundige verbruikers bied.

Behalwe vir skootrekenaars wat vir speletjies gebruik word, is MSI ook besig om in ander velde uit te brei. Hulle het die Creator Series bekendgestel wat gemaak is om hoë prestasie en presiesheid te bied, terwyl dit die vermoë het om meer as een ding te doen sodat skeppers enige tyd, enige plek hul kreatiwiteit vrye teuels kan gee. Die Business and Produtivity Series kombineer goeie prestasie, draagbaarheid en data-veiligheid, en bied uitstaande eienskappe en moeitelose integrasie met ondernemende omgewings.

MSI het vir 20 jaar lank hulle verbind tot hierdie drie kernwaardes:

  • Luukse estetika: MSI verhef skootrekenaars bo gewone rekenaartoestelle – hulle raak objekte wat jy begeer. Samewerkinge met bekende toonaangewers, soos Hiroshi Fujiwara en Mercedes-AMG Motorsport, het MSI se skootrekenaar luuksheid en styl gegee.
  • Uiterse prestasie: MSi is meedoënloos is hul soektog na uiterste prestasie, wat in die vereistes van die mees veeleisende gebruikers voldoen met produkte wat ongeëwenaarde krag bied.
  • Innoverende tegnologie: MSI gebruik die jongste tegnologie om die grense vir wat moontlik in die wêreld van skootrekenaars konstant te verskuif.

Vir meer van dié storie kyk hier.

MSI se toegewyding aan hul gebruikers strek veel verder as produkontwikkeling. Hulle verbind hulle daartoe om ekovriendelike praktyke regdeur hul bedrywighede in te sluit, om sodoende hul impak op die omgewing te verminder en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Soos MSI na die toekoms kyk, verbind hulle hul daartoe om hul produkreeks uit te brei om in die ontwikkelende behoeftes van verbruikers te voldoen en so hul nalatenskap van innovering en uitsonderlikheid voort te sit.

Hou hulle dop vir opwindende nuwe produkaankondigings en spesiale aanbiedinge deur die jaar. Met ’n verbintenis daartoe om grense te verskuif, is 20 jaar maar net die begin. MSI wil aanhou hard werk om meer verstommende nuwe produkte na die mark te bring en nog heelwat meer dekades van innovering te skep.

Sien MSI Laptops 20th Year Anniversary se eksklusiewe aanbieding: https://msi.gm/S1785151

Lees ook: 8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.