Foto: Greatstock/REX/Shutterstock: Kate Middleton
Kate Middleton se klere is stylvol, klassiek en verfynd, en sy dra telkens die gepaste uitrusting vir elke geleentheid. Tydens haar en manlief, Prins William, se onlangse besoek in New Dehli om koningin Elizabeth se 90ste verjaardag te vier, het Kate die koppe laat draai in ’n swart-en-wit rok wat deur Alice Temperly ontwerp is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die stempel van dié voorkoms is elegant en vroulik en die rokke in jou klerekas moet ’n vlyende, klassieke snit wees. Alhoewel Kate se ikoniese styl die kniehoogte klokrok is, het sy hier die eg-Indiese gevoel aangeneem met ’n mendhi-patroon. Dit word saam met eenvoudige swart ooptoon-hakskoene, aandbeursie en kandelaar-oorbelle afgerond. Met die rok as die fokuspunt, is dit duidelik dat Kate haar bykomstighede eenvoudig gehou het. Die swart, regaf strepe beklemtoon haar vietse lyf en gee ’n slankende voorkoms.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Kate bewys dat jy nie altyd iets blinks hoef te dra om ’n indruk te maak nie en dat eenvoud dikwels meer bied.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die ikoniese klokrok is ’n wenner om jou middel te beklemtoon, maar bied steeds speelse bewegings met elke tree. Rond dit af met ’n paar klassieke punt-hakskoene om jou bene daardie slankende voorkoms te gee.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.