Deur Bea Lingenfelder Hooffoto: Chris Allerton/Rex/Shutterstock/INPRA
Die wit pak
Sommige van ons probeer wit vermy – dit raak maklik vuil en party kenners glo dit laat jou figuur in die steek. Emma bewys egter dat skerp silhoeëtlyne en ’n stywe wit materiaal net so vleiend en boonop vroulik kan lyk. Saam met die kenmerkende snyersbaadjie en -broek, dra sy ’n deftige onderbaadjie en fedora-sonhoed. Ons is veral mal oor haar oorringe wat die fokuspunt van haar bykomstighede is. Die silwer pas mooi by die sagte, koel ondertoon van die wit pak.
.@EmmaWatson attends the Women’s Finals of The Championships, #Wimbledon in a three-piece suit from the Ralph Lauren Collection archive. pic.twitter.com/mwDN9xg1kT
— Ralph Lauren (@RalphLauren) July 14, 2018
Linne-midirok
Tydens die finaal van Wimbeldon het Ralph Lauren besluit om Emma in ’n gemakliker, “vintage”-linnerok wat ’n safari-gevoel gee te klee. Die stylvolle punthakskoene en unieke palmsakkie kikker egter die roomkleurpalet op en die leergordel vertoon haar middel vleiend. Die diamantjuwele is klassiek en moderniseer die “vintage”-tema.
Neem in ag dat ’n midirok jou maklik korter laat lyk. Daarom hou ons van hoe Emma ’n fyner skoen-ontwerp gekies het om haar enkels en voete smaller te vertoon. Boonop is wit skoene een van modevoorstaanders se nuwe gunstelinge en ’n moet-hê vir jou lente/somer-klerekas.
.@EmmaWatson at the #Wimbledon Men’s Finals wearing vintage Ralph Lauren Collection. pic.twitter.com/Skd29d6nmt
— Ralph Lauren (@RalphLauren) July 15, 2018