Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Instructions
1 Geur 4 steaks met sout en gemaalde swartpeper. Laat vir 15 min. staan. 2 Verhit 15 ml (1 e) avokado-olie en 15 ml (1 e) botter in ’n pan oor matige hitte. 3 Braai 1 ui, geskil en oorlangs in dik skywe gesny en 10 ml (2 t) balsemiekasyn vir 5-8 min. daarin of tot sag. 4 Roer 15 ml (1 e) korrelmosterd by en hou eenkant. 5 Smeer die steaks met avokado-olie en braai vir 3-4 min. aan elke kant op ’n warm riffelpan. Laat rus. 6 Rooster 4 groot snye plaasbrood. 7 Sit roket, geroosterde tamaties en die steaks op 2 van die snye brood. 8 Skep lepels van die uie bo-op en sit die ander snye brood bo-op. Sny elk in 3 dele en smul!