kategorieë: KosMaklik en vinnig

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 60 ml (¼ k) perskeblatjang
  • 60 ml (¼ k) sojasous

Roerbraai

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 500-600 g riboog-steaks, kruisskyf (<em>rump</em>) werk ook goed
  • 60 ml (¼ k) teriyaki-sous
  • 15 ml (1 e) sojasous
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyn gekap
  • 6 cm vars gemmer, fyn gerasper
  • 1 klein groen brandrissie, fyn gekap
  • 5 murgpampoentjies, in repies gesny
  • 8 broccolini, in die lengte middeldeur gesny
  • 8 mange tout, in repies gesny
  • 250 g eksotiese sampioene, sny enige groot sampioene kleiner
  • handjie vol vars koljander
  • 30 ml (2 e) swart sesamsaad

Metode

  1. Meng die sousbestanddele in ’n bakkie. Hou eenkant.
  2. Meng die teriyaki- en sojasous in ’n middelslagbak en marineer die biefstuk vir 1 uur daarin.
  3. Geur die biefstuk met sout – nie te veel nie, want die soja is reeds sout – en gemaalde swartpeper. Sny die vleis in repe. Gooi die teriyaki van die marinade by die roerbraaisous.
  4. Verhit 15 ml van die olie.
  5. Roerbraai die steak vir 3 min. in sarsies in die wok. Skuif die gaar vleis teen die sykante van die wok op en gooi die nuwe repe in die middel van die wok waar dit die warmste is. Braai tot al die vleis net-net gaar is, skep uit en hou eenkant.
  6. Gooi die res van die olyfolie (15 ml) in die wok saam met die knoffel, gemmer, en brandrissie en roerbraai vir 1 min.
  7. Voeg die murgpampoentjies en broccolini by en roerbraai vir 2 min. Voeg die mange tout en sampioene by en roerbraai vir nog 2 min.
  8. Gooi die vleis terug in die wok saam met die sous. Roerbraai tot alles deurgemeng en deurwarm is. Sit met vars koljander en sesamsaad voor.

Deel
Gepubliseer deur
Vickie de Beer

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

7 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.