1 Meng die sousbestanddele in ’n bakkie. Hou eenkant.Steak-en-sampioen-roerbraai
Ingredients
Instructions
2 Meng die teriyaki- en sojasous in ’n middelslagbak en marineer die biefstuk vir 1 uur daarin.
3 Geur die biefstuk met sout - nie te veel nie, want die soja is reeds sout - en gemaalde swartpeper. Sny die vleis in repe. Gooi die teriyaki van die marinade by die roerbraaisous.
4 Verhit 15 ml van die olie.
5 Roerbraai die steak vir 3 min. in sarsies in die wok. Skuif die gaar vleis teen die sykante van die wok op en gooi die nuwe repe in die middel van die wok waar dit die warmste is. Braai tot al die vleis net-net gaar is, skep uit en hou eenkant.
6 Gooi die res van die olyfolie (15 ml) in die wok saam met die knoffel, gemmer, en brandrissie en roerbraai vir 1 min.
7 Voeg die murgpampoentjies en broccolini by en roerbraai vir 2 min. Voeg die mange tout en sampioene by en roerbraai vir nog 2 min.
8 Gooi die vleis terug in die wok saam met die sous. Roerbraai tot alles deurgemeng en deurwarm is. Sit met vars koljander en sesamsaad voor.