kategorieë: Ontspanning

Starbucks kom SA toe!

Dié winkel sal in Johannesburg geleë wees waar koffieliefhebbers van vroeg 2016 af hul daaglikse kafeïen-dosis sal kan kry. Daar sal ook na verwagting ander winkels landwyd die lig sien ná die Johannesburg-tak gevestig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Taste Holdings, die maatskappy wat kitskos kettingwinkels soos Domino’s en Scooters Pizza na Suid-Afrika gebring het, is ook verantwoordelik vir dié nuutste toevoeging tot die land se kitskos handelsmerke. Met meer as 22 000 koffiehuise in ongeveer 66 lande is Starbucks die grootste koffie handelaar ter wêreld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met die opening van hul eerste koffiehuis sal Starbucks ook die jongste Amerikaanse kitskos-handelsmerk sedert BurgerKing wees wat homself in Suid-Afrika vestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié handelsmerk is bekend vir sy pragtige koffiehuise van regoor die wêreld en dié wat in Suid-Afrika hul deure gaan oopmaak sal geen uitsondering hierop wees nie. Die koffiehuise sal onder meer só ontwerp word om die hele Starbucks-spyskaart te kan aanbied en kliënte sal ook verniet WiFi kan geniet.

Ons is baie opgewonde en kan nie wag om ’n koppie koffie met die ikoniese groen embleem op te drink nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir tyd en wyl probeer ons maar self om die perfekte koppie koffie te maak deur dié paar wenke te volg.

Ons het ook ons gunsteling, plaaslike koffiewinkels gaan uitsoek. Klik hier

Lees gerus dié interessante feite oor hoekom koffie bitter is terwyl jy jou eerste kopie vir die dag geniet.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

5 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

7 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.