kategorieë: Reis

Stap in die wildernis

Hoogtepunt: Om krokodilspore aan die oewer van die rivier te sien
Koste: R420
Hoeveel tyd om te begroot: Sowat drie uur
Uitputtingsvlakke: Jy sal te voet stap en dit is nie uitputtend nie
Om te weet: Geen kinders onder 13 en huisvesting moet vir die vorige aand bespreek word in die kamp
Navrae: Kontak die kamp se ontvangs. Alle kontaknommers is op www.sanparks.org

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Groot gedagtes word geformuleer as mens stap,” het Friedrich Nietzsche eens gesê. En as jy in ’n pragtige gebied stap, sal jy sekerlik fantastiese gedagtes hê. Die Kruger Nasionale Park moet die perfekte bestemming wees om in te stap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die meeste van ons leer die wildtuin ken deur dit wat ons deur die motorruit sien. Dink net hoe fantasties dit sal wees as jy in die natuur self kan stap. Ons het ’n staptog by die Olifants Ruskamp bespreek en saam met twee gewapende gidse drie uur langs die rivier gaan stap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit was ’n heerlike oggend, al moes ons teen dagbreek gereed wees. ’n Oggendstappie is beide opvoedkundig en ’n avontuur en die gidse sal iets kan antwood op enigiets wat jy uitwys.

Die oggend was baie ontspanne en ek is dankbaar ons het net die spore van die krokodille gesien pleks van die diere self.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het seekoeie en kameelperde in die verte gesien en naby ’n visuil se nes verby gestap. In die Kruger moet jy die onverwagte verwag. Net toe ons begin ontspan, is ons deur twee jong olifante verras wat vinnig op ons afgestorm het voor hulle in ‘n teenoorgestelde rigting verdwyn het.

Hoewel Nietzsche sekerlik nie lewensgevaar in gedagte gehad het op sy staptog nie, het ek daaraan gedink. Gelukkig was die twee gidse baie professioneel en het heeltyd kalm gebly. Die uiteinde was ’n onvergeetlike oggend waarin alle gedagtes oor die stad verdwyn het.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

15 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

15 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

16 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

17 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

19 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.