Stadig geroosterde Marokkaanse lamsblad deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel
Stadig geroosterde Marokkaanse lamsblad
Serves: 8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 45 ml (3 e) fyngekapte knoffel
- 30 ml (2 e) fyngerasperde gemmer
- 5 ml (1 t) fyngekapte rooi brandrissie
- 5 ml (1 t) komynsaad
- 5 ml (1 t) sout
- 30 ml (2 e) gerookte paprika
- 2,5 ml (½ t) borrie
- 60 g botter
- 2,8 kg heel lamsblad (met die rib en blad in)
- 2 uie, dik gesny
- 1 heel knoffelknol, opgebreek
- 5-6 lourierblare
- hand vol tiemie
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en swartpeper
- 2 uie, geskil en dik gesny
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 170 °C.
2 Meng die knoffel, gemmer, brandrissie, komyn-saad, sout, paprika, borrie en botter. Smeer die botter-mengsel oor die lamsblad.
3 Sit die uie, knoffel, lourierblare en tiemie in ’n groot oondpan en sit die lam bo-op. Sprinkel die olyfolie oor die lam en geur met ekstra sout en swartpeper. Voeg 125 ml
(½ k) water by. Maak die pan met foelie toe en rooster die vleis vir 4 uur of tot die lam baie sag is.
4 Trek die vleis met 2 vurke uitmekaar, haal die bene uit en roer die vleis deur die pansouse.
Catherine Schenck
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Dadelkoek
16/01/2025