Jy kan ‘n baadjie, leerskoene en sak van The Romantic Collective wen!
The Romantic Collective se stylvolle leefstyl- en reisklere spreek tot die harte van alle vrygeeste, dromers optimiste, boho babes, rock & rollers en retro-romantici. Dit is nie kommersieël nie en vier unieke vroulikheid.
Vervaardiger en aktrise Donnalee Roberts se droom vir haar unieke klerereeks THE ROMANTIC COLLECTIVE, is dat die kledingstukke items sal word waarin jy die mooiste herinneringe maak.
Die handelsmerk verbind hulle elke seisoen met ‘n unieke reis-bestemming en kies unieke oomblikke wat mooi herinneringe sal skep. The Romantic Collective vier die vroulike gees in ‘n wêreld vol mooi oomblikke.
Die handelsmerk bestaan uit drie dele:
The Romantic Original: Klere ontwerp deur die stigter, Donnalee Roberts, en haar mede-ontwerper en dromer, Comien du Plessis. Dit word plaaslik vervaardig en spreek tot die hart van diegene met ‘n romantiese hart.
The Romantic Traveller: Unieke kledingstukke wat wêreldwyd uitgesoek word wat die siel van die romantiese reisiger sal laat vermurwe.
The Romantic Co’Lab: Klere wat in medewerking met plaaslike ontwerpers, kreatiewes, grimeerkunstenaars, fotograwe en entrepreneurs geskep is wat ideaal is vir die kreatiewe romantikus.
Besoek hulle webtuiste en vol hul op facebook en Instagram .
Jy kan die baadjie wat Donnalee in die Mei 2019-uitgawe op bladsy 12 aanhet, wen! Tesame met ‘n paar leerskoene en sak van The Romantic Collective.
Voltooi die vorm en onthou om die groottes aan te dui soos gevra. Kompetisie sluit: 31 Mei 2019.
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”451″ title=”true” description=”true”]