kategorieë: ReisOntspanning

St. Helena se toerismehekke is wawyd oop

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die eiland word die afgelope vyf jaar met ’n weeklikse vlug van Johannesburg bedien, wat net ’n rapsie langer is as 5,5 uur en sowat 5000 toeriste besoek jaarliks die eiland.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste is verwelkom met koffie Martini’s wat met koffiebone wat op die eiland gekweek word, gebrou is. Die Green Tipped Bourbon koffiesade is in 1733 deur die VOC uit die koffie-hawe van Mocha in Yemen, gebring. Die eiland se koffie is vandag wêreldbekend, omdat dit ’n spesifieke tipe Arabica-boon is wat nie volop beskikbaar is nie. Die gin word sedert 2006 op die eiland gestook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Koffiemartini’s met die eiland se eie koffie en gin is met gaste se aankoms by die akwarium in Kaapstad bedien.
Die Green Tipped Bourbon koffiesade is in 1733 deur die VOC uit die koffie-hawe van Mocha in Yemen, gebring. Die eiland se koffie is vandag wêreldbekend, omdat dit ’n spesifieke tipe Arabica-boon is wat nie volop beskikbaar is nie.more

Die akwarium was die beslis die gepaste plek om die praatjie te hou, want St. Helena se duik-geleenthede en gematigde watertemperatuur, maak die wêreld onder die see, ’n aantreklike een vir besoekers.

Daarna kon gaste deur die akwarium-inwoners agter hul glasvensters vermaak word, voor die toespraak deur Matt Joshua, toerismehoof, waargeneem is. Agter hom in die reuse tenk het Bob die Skilpad, wat ’n paar jaar terug baie erg beseer is en hier in die akwarium aansterk, en verskeie pylsterte saam met ander visse gesien word.

Matt Joshua, toerismebestuurder, vertel meer oor die eiland en die toerisme-geleenthede.
Dis heel gepas dat die praatjie in die akwarium gehou is, want een van St. Helena se bekendste inwoners, is ’n 190-jarige skilpad, Jonathan. ’n Uitstalling oor skilpaaie was deel van die roete wat gaste na die reuse tenk in die akwarium moes onderneem.more

St. Helena is die tweede mees afgeleë bewoonde eiland in die wêreld en 2256km van Walvisbaai.

Die eiland se slagspreuk: “’n Briesie vars lug” is ook van toepassing op die nuwigheid van die eiland as vakansiebestemming, hoewel die geskiedenis meer as 500 jaar oud is. Die eiland spog met die marine Groot Vyf, 21 Posbus-staproetes, endemiese fauna en flora en uitstekende duikgeleenthede.

Die euwel van plastiek strooitjies word in die akwarium uitgebeeld en is een van die grootste bedreigings vir seelewe en dus oseaan-toerisme ook.
Dié is jelly babies van ’n ander aard...Die magiese donkerte van die vertrek, laat die jellievisse nog meer ongelooflik voorkom.

Joshua het vertel dat daar tans geen OTM’s is nie, maar hulle werk daaraan en dat die nuwe toerisme-toepassing ’n besoek baie gaan vergemaklik.

“Die eiland is 115km vierkante kilometer en die hoogste punt is Diana’s Peak (823m). Meeste lande se inwoners het nie visas nodig nie en een Britse pond is 1 St. Helenapond.”

Die eiland het 4200 inwoners, wat bekend staan as Saints. Die eiland is in 1502 ontdek en was tot 2017 net per skip bereikbaar. Daar is geen duidelike seisoenverskille nie, met gematigde temperature van 16-28 grade Celsius heeljaar. Die seewater se temperatuur is 19-26 grade met uitstekende sigbaarheid van tot meer as 25 meter. Agt skeepswrakke kan geduik word en verskeie walvisspesies kom maak hulle hier tuis.

Bob die Seeskilpad is een van die Two Oceans Aquarium in die V&A Waterfront in Kaapstad se bekenddste inwoners.
St. Helena is enige duiker se droom en jy kan saam met walvisse snorkel en die onderwater-wonders in gematigde water ervaar. By die akwarium kon van die seewonders agter glas beskou word.

Die eiland se bekendste inwoner – naas Napoleon Bonaparte wat meer as vyf jaar in ballingskap geleef het – is Jonathan, ’n 190-jarige skilpad. Dié Seychelle-skilpad is die wêreld se oudste lewende landdier. Alhoewel daar geen presiese rekord van sy geboorte is nie, word daar vermoed dat Jonathan omstreeks 1832 gebore is. Hy is in 1882 van die Seychelles na St. Helena gebring as ’n geskenk aan sir William Grey-Wilson – wat later goewerneur geword het. Maar Jonathan kan eintlik ouer as 200 jaar wees, het Matt vertel.

Die eiland se bekendste inwoner – naas Napoleon Bonaparte wat meer as vyf jaar in ballingskap geleef het – is Jonathan, ’n 190-jarige skilpad. Dié Seychelle-skilpad is die wêreld se oudste lewende landdier.more
Die eiland se hoofstad, Jamestown en Jamesbaai vanuit die lug. Die hoofstad is aan die noordwestelike kus van die eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan.

Matt het afgesluit deur te sê die weeklikse vlug is Saterdagoggende om 09:00 van Johannesburg na die eiland, maar daar is sprake van ’n Kaapstad-opsie van laat 2024.

’n Eiland met verskeie aantreklikhede waaronder staproetes, ’n gindistilleerdery, koffieplantasies, ruwe landskappe en vriendelike mense.
Die ruwe eilandlandskap wat met grasgroen oorgetrek is, maak die eiland die ideale buitelug-bestemming.

Lees ook: Luke Dale Roberts open Europese styl salon in Kaapstad

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.