kategorieë: Ontspanning

SPUD sprei sy vlerke

Terwyl sommige tieners grasieus deur adolessensie stap, steier Spud Milton daardeur. Suid-Afrika se mees geliefde tiener is terug en hierdie keer is daar geen einde aan die waansin waarin hy en sy vriende betrokke raak nie. Die langverwagte Spud 3 Learning To Fly sal van 28 November in teaters draai en beloof weer om kykers ‘n voorry-sitplek te gee in die soms belaglike wêreld van ’n tiener.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Na die wêreldwye sukses van Spud en Spud 2 volg Spud 3 Learning To Fly met ’n blik op die nimmer vervelige lewe van John ‘Spud’ Milton deur sy swewing op die wieke van die liefde, sy pogings om Shakespeare te bemeester, sy worstelinge met sy spanmaats, ‘die Crazy 8’, sy vreemde ouers, God en die krag van negatiewe denke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is in die hartjie van Kaapstad geskiet en spog met plaaslike en internasionale sterre soos John Gleese. Dit is gebaseer op die top verkoper roman deur die Durbanse skrywer, akteur, dramaturg en regisseur John van de Ruit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Troye Sivan hervat sy rol as ‘Spud’. Die rol het hom ‘n internasionale ster gemaak met meer as 2,7 miljoen intekenare op sy YouTube-kanaal en net onder twee miljoen Twitter volgelinge. Billboard beskou Troye saam met Justin Bieber as van die warmste sterre onder die ouderdom van 21.

Wêreldbekende Suid-Afrikaanse YouTuber Caspar Lee maak sy debuut in die rol van praatsieke ‘Garlic’ uit Malawi. Aaron McIlroy en Julie Summers speel Spud se pa en ma.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer as 200 000 eksemplare is van die roman Spud verkoop en dit het ’n geskatte leserstal van meer as 600 000 in Suid-Afrika alleen. Die opvolger Spud The Madness Continues het reeds verkope na 140 000 eksemplare laat styg in Suid-Afrika. Die derde boek Spud Learning to Fly, het 77 000 eksemplare in die eerste twee weke verkoop. Die vierde en finale boek Spud Exit Pursued By A Bear is in 2012 vrygestel.

Maak nou al ’n aantekening in jou dagboek as jy nie die nuutste Spud rolprenttreffer vanaf 28 November 2014 wil misloop nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

53 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.