Trouklokke lui vir twee jong dames, Ankia en Tilana, wat onlangs die troue van hul drome gewen het, ter waarde van ‘n allemintige R464 600.
Ankia en Tilana se storie vier liefde deur die lewe se eenvoudigste, maar mees spesiale oomblikke – dans op ‘n grondpad, sit op die kombuisvloer, en eenvoudige oomblikke benut om hul liefde vir mekaar te vier. En al het hulle baie struikelblokke op die pad teëgekom, het hulle nooit uit die oog verloor wat werklik belangrik was nie: hul liefde vir mekaar.
Uiteindelik is hul liefdesverhaal nie een van grootse gebare of dramatiese oomblikke nie. Dit is ‘n verhaal van twee jongmense wat mekaar gevind het en geweet het hulle is bedoel om saam te wees. ‘n Verhaal van ‘n liefde wat eenvoudig, dog filosofies is. ‘n Verhaal van ‘n liefde wat gegrond is op die klein dingetjies in die lewe, maar wat sterk genoeg is om ‘n leeftyd te hou.
Ankia en Tilana het besluit om groot te droom toe hulle ingeskryf het vir ons WEN ‘N SPROKIESTROUE-kompetisie, wat in 2023 oor Habari-titels gestrek het, insluitend Woman&Home, rooi rose, Getaway en Bona.
Ankia en Tilana – saam met twee ander paartjies wat deur die beoordelaars se streng keuringsproses gegaan het – is deur die kompetisie se beoordelaarspaneel ondervra en uiteindelik het die jong paartjie se liefde alles oorwin en hulle die troue van hul drome besorg!
Hierdie ongelooflike prys ter waarde van meer as R464 600 sluit in:
1. Boschendal troulokaal
• Drie peuselhappies per persoon en ’n driegangmaaltyd vir 40 mense.
2. Murdocks
• Oorspronklike 18 ka-geelgoudring.
3. Wittebrood by Jock Safari Lodge
4. Blanco Bridal Couture
• Een huurtrourok vir die bruid (die wenner van die kompetisie).
5. Verblyf by Zorgvliet Wine Estate
6. Weddings By Marius
• Marius sal met die wenpaar werk om met verskaffers te koördineer en te skakel, hy sal ekstra verskaffers vind indien nodig en hy sal uitvoering van die trouplanne tot die spesiale dag oorsien.
7. Summerheart Photography
8. Classic Rides
• ‘n 1956 Rover en ‘n 1938 MG Tickford.
9. Cards by Nadia
• Uitnodigings en plekaanduidings
10. Amy Cottle’s Events
• Ruiker, skouerruikers en knoopgatjies vir trougeselskap.
Lees ook: Berei so voor vir jou troue: Kenners se top-skoonheidswenke