Met die regte tuinsproeier kan jou tuinier die tuin beskerm met onkruidmiddel en pesbeheer. Die sproeier maak dit minder morsig en werk vinnig.
3 tipes sproeiers
• Hoëdruk-sproeier
Hierdie sproeiers is baie gewild. ’n Hoëdruk-sproeier verskaf duidelike aanwysings op die kan sodat jy die korrekte hoeveelheid gif en water kan afmeet.
• Kragsproeier
Mense met groot tuine en grasperke moet ’n kragsproeier oorweeg. Hierdie sproeier kan tot 45 liter akkommodeer.
• Rugsaksproeier
Die rugsaksproeier is baie soos die hoëdruk-sproeier. Die eenheid is draagbaar en die rugsak verskaf ’n groter sproei-area oor die tuin. Tuiniers kan ’n opsie kies met ’n lewer styl pomp, wat jou sal toelaat om te sproei terwyl jy op een plek staan.
Sproeityd
• Vroeë lente
Wanneer lente aanbreek, moet tuiniers plante soos struike en bome met ’n pesbestryder spuit. Dit verhoed voortydige skade en siektes.
• Middel-lente
Gedurende hierdie tyd van die seisoen moet tuiniers aan die grasperk aandag gee deur onkruiddoder te spuit.
• Somer
Nou kom blomme en groente aan die beurt. Gebruik ook hierdie tyd deur van dooie plante en onkruid ontslae te raak. Delikate plante moet met ’n fyn mis-sproei behandel word. Dit kan elke 7 tot 10 dae herhaal word. Verwyder roosblare wat swart roes het en spuit gereeld.
Verbruikersgids
Builders Warehouse | 086 284 533
Take a Lot | takealot.com
Loot | loot.co.za
Makro | makro.co.za
Merkado | merkado.co.za