kategorieë: Ons menseBekendes

Springbok-slot Eben Etzebeth kuier by Binnelanders

Binnelanders-kykers en rugbyliefhebbers oor die land heen kon gisteraand sien hoe die gewilde Springbok-rugbyspeler, Eben Etzebeth sy lyf akteur hou en hy sal in vanaand se episode weer ’n verskyning in die reeks maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eben, wat in September saam met die res van die Bokke aan die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk deelneem, maak sy verskyning in Binnelanders wanneer hy ná ’n “skouerbesering” by Binneland-kliniek opgeneem word. Dr. Tertius Jonker (Reynhardt Hugo) doen alles in sy vermoë om seker te maak Eben se besering is nie ernstig nie en dat hy vir Frankryk gereed is. Naomi (Je-ani Swiegelaar) is in haar noppies (en senuweeagtig!) om hom te verpleeg – ’n taak wat Bonnie (Antoinette Modise) baie eerder sou wou verrig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Je-ani vertel die Binnelanders-span was meer as gereed vir Eben se kuier: “Almal was baie nuuskierig om te sien of hy regtig so lank is soos wat hy op TV lyk … hy is! ’n Groot man met ’n sagte hartjie! Ek het in ’n stadium vir hom gesê, hy gaan my naam gat maak, want hy was so goed voorbereid en het so natuurlik gespeel. Selfs in ’n toneel wat ons so bietjie moes improviseer! As hy moeg raak vir rugby, kan hy maklik ’n akteur word.”

Reynhardt was net so beïndruk met Eben se tyd op stel: “Ek het dit vreeslik geniet. Die tydjie wat hy hier was, was maar kort, maar hy was wonderlik. ’n Absolute gentleman. En sy toneelspel was soos sy benadering teenoor rugby: professioneel. Hy ken sy woorde beter as van ons akteurs!”

Elsje Stark, ’n Binnelanders-vervaardiger, sê oor Eben se verskyning: “Dit was ’n vreugde om saam met hom te werk. Nie net is hy ’n voorspeler van formaat nie, hy is ook tuis voor die kameras! Hy was goed voorbereid vir sy ‘rol’, hoewel sy aktrise-wederhelf Anlia waarskynlik baie daarmee te doene gehad het … Ons sal Eben enige tyd terug verwelkom.”

kykNET-kykers sal ook die geleentheid kry om aan ’n lekker kompetisie deel te neem. Die prys is ’n rugbybal wat deur Eben Etzebeth geteken is – die einste bal wat hy tydens daardie episode vir een van Binneland-kliniek se personeel teken. Meer inligting oor die kompetisie is op Binnelanders se sosiale-media-platforms, asook op kykNET se webblad beskikbaar.

Foto: Verskaf

Reynhardt sien baie uit na die Wêreldbeker-toernooi en verkies om dit alleen by die huis te kyk. “Ek wil sit en fokus, en nie deur dronkies omring word en die game misloop nie,” sê Reynhardt.

Je-ani se planne is soortgelyk: “Ek gaan by die huis in my Springboktrui langs ’n vuurtjie sit, terwyl ek vir my span skree wat hopelik gaan wen!”

Maak seker jy is ingeskakel om dié volgende opwindende episode te sien, Vrydag 11 Augustus 2023 om 19:30 op kykNET, kanaal 144.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Simoné Pretorius oor Hartklop

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

5 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

16 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.