kategorieë: Lees

Splinters, hoofstuk 7

Op haar rekenaarskerm is ’n foto van ’n eens perfekte vaas wat gebreek was en weer aanmekaar gelas is. Dit is nou ’n pragtige kunswerk. Elke las is met goud gevul. Die hersteller wou doelbewus aandag op die ou barste vestig. Die herstelproses het dit weer ’n kunsvoorwerp gemaak. Kintsukuroi. Dis wat mens dié Japanese herstelproses noem, lees sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy weet nou, dis wat sy met haar gebreekte beker gaan doen. Die stukke is al te lank in haar kas. Die moed was net nog nooit daar om dit weg te gooi nie. Asof sy haarself gereeld wou herinner aan die dag toe die beker in skerwe gespat het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy lees die filosofie agter kintsukuroi. Sy gaan haarself en die beker weer aanmekaar plak en die barste met goue hale beklemtoon. Dan het daardie dag nie verniet gebeur nie. Sy gaan die trauma ’n kunsvoorwerp maak. Goue hale verf oor haar siel. Dis wat sy kort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Japanese kunsproses wil juis die herstelde fout uitlig. Dit moet herinner dat daar eens ’n breekproses was en dat dit nou herstel is. So lees sy.

Dit was ’n lelike bruin beker. Die goedkoopste een wat sy destyds kon koop. Die ander onderwysers het haar gewaarsku; “As jy jou rug draai, steel hulle alles van jou lessenaar af.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Terwyl sy aan die beker werk, onthou sy die eerste dag wat sy by Ithemba-skool ingestap het. ’n Jong onderwyser het langs haar in die personeelkamer kom sit. Hy was al ses maande by die skool. ’n Brit wat al vir jeugmisdadigers skoolgehou het.

“The best advice I can give you is: Never smile at them. They will think you are human.” In Brittanje het ’n kind eenkeer sy hare aan die brand gesteek, het hy vertel.

Sy het haar vererg. Om so negatief op haar eerste dag te wees is ongevraagd. Haar kop was op ’n Moeder Teresa-missie. Sy het geweet van Ithemba se reputasie. Ondanks die feit dat dit “hoop” in Zoeloe beteken, verwys onderwysers daarna as “’n onderwyser se hel. Die asblik van die departement.”

’n Ouer onderwyser het haar vertel al die kinders wat in die skole in die naburige distrikte uitgegooi word of nie plek kry nie, kom hierheen. “Maar ons kry baie van hulle weer reg. Moet net nie dat hulle jou breek nie.”

Terwyl sy goue hale verf, glimlag sy oor haar drome. Sy het gedink sy gaan saam met die kinders groentetuine aanplant en dan gaan die kinders met blink gesiggies en wit glimlagte in haar klas sit.

Die week voor die skool begin het, het sy haar vuil klas gaan uitverf. Sy het wit kantgordyne voor die vensters gehang en kleurvolle plakkate teen die mure geplak. Die kinders kom reeds uit armoede. Dit moet vir hulle soos ’n huis voel. So het sy gemeen. Die banke moes nie soos by ’n gewone skool in vertikale rye agter mekaar staan nie. Sy het hulle in lang horisontale rye geskuif en die tafels met cable ties aanmekaar vasgemaak om hulle in posisie te hou. Die kinders moes in halfmane voor haar sit en hulle sal soos een gelukkige groep voel.

Dit was haar droom.

Van die onderwysers het agteraf vir haar gelag. Party somer openlik. Een het sommer reguit gesê; “Ek gee jou ’n week dan is daar nie een plakkaat in jou klas oor nie.” Na die eerste skooldag was al die cable ties losgeruk en het die banke elk in ’n eie windrigting gestaan. Van die plakkate het reeds aan flarde gehang.

Na die eerste paar weke het sy begin besef sy is in die moeilikheid. Die ouer onderwyser het probeer raad gee.

“Hulle target altyd die nuwe onderwyseresse. Kyk hoe ver hulle jou kan dryf. Wees versigtig. Hierdie kinders kan jou vrees ruik. Hulle sal nie ophou voor hulle jou breek nie.”

Haar droom van die goentetuin is deur die skoolhoof se gebrek aan entosiasme gebreek. Van die onderwysers het gespot dat die kinders die wortels sal steel nog voor dit begin groei het. Die voedingskema het haar hart gebreek. Die kos het soos opgooi oor pap gelyk en die kinders het mekaar verdring om voor te kom. Kleintjies het nooit ’n beurt gekry nie. Vir die meeste was dit hul enigste maaltyd van die dag.

Sy hou haar handewerk in die lug in op. Sy is tevrede.

Terwyl sy afrondingswerk doen, onthou sy al die foute wat sy gemaak het. Die kinders het haar vir maande getreiter en haar klasse was permanent chaos. Hulle het haar met papiere gegooi as sy op die bord skryf, haar in die gange agter die kop geklap en as sy omkyk, was daar net ’n see laggendes.

Sy het al die klassieke foute gemaak. Kwaad geword en haar humeur by tye gruwelik verloor. Buite haar vredevolle geaardheid begin optree en op die kinders gevloek en skree.

’n Seun het haar een keer aan die voorarms beetgekry en haar geskud omdat sy sy oorfone afgeneem het. Haar arms was weke blou.

Daar was een arrogante groot seun. Reeds agttien en steeds in graad nege. Hy het haar openlik getart.

Toe sy hom een dag uitjaag, het hy stadig vorentoe gestap. Sy gulp oopgemaak en gewys wat hy wou wys.

In die skoolhoof se kantoor het hy die bruin opgerolde sykous te voorskyn gebring. Die hoof het verduidelik dat die seuns opgerolde sykouse gebruik om hul skoene skoon te maak. Sy het vernederd terugstap klas toe. In die weke daarna het die seun elke dag daarop aangedring om haar met die hand te kom groet. Hy wou haar wys hy het gewen. Sy was geskok in haarself toe sy een oggend sag vir hom sê: “Never ever fucking touch me again you filthy piece of shit.”

Terwyl sy die laaste stukkies goudlak verf, dink sy aan daardie dag.

Die kinders wou nie werk nie. Dit was die periode voor pouse en dit was visdag by die voedingsskema. Die hoogtepunt van honger kinders se week.

Sy het die klasdeur gesluit en gesê hulle mag nie uitgaan voor die werk nie klaar is nie.

Pandemonium het uitgebreek.

Van die kinders het op die banke gespring en ander het tot reg voor haar gedreunsing.

Senzenina
Sono sethu ubumnyama
Sono sethu yinyaniso
Sibulawayo
Mayibuye i Africa.

Na ’n die paar maande by Ithemba het sy geweet wat dit beteken:

What have we done?
Our sin is that we are black
Our sin is the truth
They are killing us
Let Africa return.

Sy wou vasskop en haar nie laat intimideer nie. Van die kinders het by die vensters begin uitklim. Een het teen die deur gestaan en urineer.

Die seun met van die sykous-penis voorval het voor haar kom staan en sy heupe suggestief vorentoe en agtertoe beweeg. Van die ander seuns het hom gevolg.

Terwyl sy wag dat die beker droog word, kan sy steeds nie onthou hoe dinge presies gebeur het nie. Sy onthou net hoe die seun voor haar inmekaar gesak het en die bloed wat uit sy voorkop gestroom het. Kinders het die deur oopgebreek. Sy het die bloed probeer keer. Die beker het in stukke langs die seun gelê.

Met die herstelde beker in haar hand glimlag sy effens oor sy, wat nooit in haar lewe ball sense gehad het nie, daardie dag raakgegooi het.

Sy kan onthou hoe dinge wasig geraak het. Iemand het haar personeelkamer toe geneem. Die seun is hospitaal toe geneem vir steke. Vyf.

Sy was alleen in die personeelkamer. Asof sy die pes het, het die ander onderwysers haar vermy.

Die seun se ma het haar op haar selfoon gebel; “You will pay for what you have done.”

Die hoof was kil, saaklik. Daar was verklarings en ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Sy moes by die polisie aanmeld, is amptelik in hegtenis geneem en in ’n sel toegesluit. Daar was ’n borgverhoor.

Intussen was sy tydelik “op verlof”

“Skik,” was haar die prokureur se raad. “Die vrou wil geld hê.”

Met die skikking was dit net sy, die ma, die prokureur en die landdros in die kantoor.

Haar prokureur was slim. Hy het seker gemaak die ma sien die dik koevert vol geld. Sy beproefde strategie. Die ma het die skikking aanvaar en met die geld uitgestap.

Sy bekyk die herstelde beker. Dis nie meer lelik nie. Goue are loop oor sy rondings.

Sy onthou hoe sy die middag alleen skool toe gery het om haar goed te gaan haal. Hoe sy self die bloedkol skoongeskrop het. Op die stowwerige vloer het sy op haar knieë God se vergifnis gevra vir elke vloekwoord wat sy in daardie klas gegil het in haar desperate frustrasie.

Sy weet sy sal weer gaan skoolhou. En sy sal die beker ’n ereplek op haar lessenaar gee. Sy glo steeds sy kan ’n verskil aan kinders se lewens maak. Eendag, as sy weer voor ’n klas staan, en kinders sit met blink gesiggies en glimlagte voor haar, dan sal sy met haar vingers oor die gelapte barste van die beker vryf. Dan sal sy dankbaar wees dat mens gebreekte stukke met goud kan las.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.