Haar opdragte vir die dag lê gereed op die bedkassie. Sy voel ’n bekende knop op haar gespierde maag as sy die weelderige skryfpapier tussen haar vingers voel. Sy streel versigtig oor die geëmbosseerde afdruk van ’n arend bo-aan die skryfpapier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die eerste keer wat sy so ’n opdrag van hom ontvang het, het sy spesiaal gevoel. Uitgesonder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Ek het jou met die hand uitgesoek. Jy is myne,” het hy aan haar gesê. Niemand het haar nog so laat voel nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“My uitverkorene,” so het hy haar eens genoem.
AREND DE KONING, so staan in hoofletters onder die roofvoël. Daarnaas is ’n lys van al die grade wat hy in verskillende wêrelddele verwerf het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Hy tik nooit opdragte uit nie. Altyd uitgestippel in swart ink met sy Mont Blanc-pen. Pynlik-perfek en paraat staan die letters agter mekaar. Hulle leun effe na regs. Net hoofletters.
08:00 250 ML PROTEÏENSKOMMEL
500 ML WATER
9:00 – 11:00 KARDIOVASKULÊRE PROGRAM A
12:00 250 ML PROTEÏENSKOMMEL
500 ML WATER
12:00 – 14:00 20 LENGTES SWEM
STREKOEFENPROGRAM C
15:00- 17:00 ADMINISTRASIE
18:00 BEREI VIR MY SAMPIOENSOP, BIEF STROGANOFF, CRÈME BRULEE EN VIR JOU 150 G FILET EN 500 G GROENSLAAI
19:00- 22:00 STUDIO
Aangeheg is die resepte wat sy vir sy aandete moet volg. Haar filet gaan sy net lig rooster in die pan. Net sout en suurlemoensap op die blaarslaai.
In die aantrekkamer is haar klere, grimering en juwele vir die dag netjies uitgesit. Die wit rektop klou soos ’n tweede vel aan haar. Daarby moet sy die wit rekbroek dra. En wit stilettos. Die eenvoudige goue kruisie hang laag tot tussen die borste wat sy vir Kersfees gekry het. Die top se rug is laag gesny. Die vlerke van ’n arend krul oor haar skouers as ’n tatoeëer-kunswerk. Op haar stuitjie is Arend se naam in sierskrif getatoeër. Sy verjaarsdaggeskenk aan homself.
Vandag moet haar naels met Plum Cherry geverf word. Sy smeer die bypassende lipstif met ’n fyn kwas aan haar vol lippe. Die lippe was haar laaste verjaardaggeskenk. Sy wend die grimering versigtig-perfek aan. Na haar oefenprogramme deur die dag moet sy dit opknap. Hy hou van perfeksie.
Hy sal haar vanaand in die studio weer weeg en meet. Na haar administratiewe pligte sal sy haarself eers gou weeg. As sy buite haar perke is, sal sy nie die filet en slaai eet nie. Sy sal dit net op die bord rondskuif en na ete ’n vinnige sauna-sessie inwerk.
Hy wag in die gimnasium.
“Môre … Meester,” sê sy.
“O …”
Hy noem haar nie meer Ohna nie. Net O. Toe hy haar die eerste keer ontmoet, het hy vir haar gesê: “Jy lyk nie soos ’n Anet nie. Van nou af is jou naam Ohna.”
Sy was gevlei. Ohna. So eksoties.
Een van die boeke op sy bedkassie is “The Story of O“, die antieke Franse erotiese slaaf-en-meester roman van Anne Desclos. Maar hy het haar verbied om daaraan te raak.
“Ek is jou Meester,” het hy vir haar gesê. “Ek sal jou onderrig. Jy is my tabula rasa.”
Toe hy een keer dorp toe is, het sy daarin gelees. Dit het haar koue rillings gegee.
Sy weet nie hoe hy geweet het sy het aan die boek geraak nie. Maar hy het haar dadelik gekonfronteer toe hy terugkom.
“Ek kan dit in jou oë sien, Ohna,” het hy gesê.
Sy het nie gestry nie. Sy het reguit studio toe gestap. Na daardie aand het hy haar net O genoem.
“Dis mos was jy genoem wil word? O? Jy wil mos soos sy wees?”
Daardie dag het sy geweet die lyn tussen feit en fiksie het vir haar dof geword. Sy het Anne Desclos se O geword.
Arend se O. Haar Meester …
Sy lens fokus op haar terwyl sy oefen. Sy voel dit brand op haar vel. Op haar décolleté, haar rug. Sy mag nie die sweet afvee nie. Dit moet haar wit toppie aan haar vel laat kleef. Die sweet moet op haar rug en décolleté pêrel.
Sy kan altyd voel as hy uitstap. Maar sy ontspan nooit. Selfs al is hy nie naby nie, voel sy sy lens op haar.
Na die proteïendrankie brand haar maag nog hol. Sy ken al die roetine. Smeer ’n stukkie watte met botter. Dit sit plek-plek in haar keel vas. Die gewig van die water neem dit tot in haar maag. Dit gaan lê in die holte. Salig. Sy sal vyf lengtes langer swem. Dit sal die 50 g van die wattes uitbalanseer, weet sy. Vanaand sal sy purgeermiddel drink om van die watte ontslae te raak.
Sy mag nie met die ander meisies in sy kantoor gesels nie. Hulle mag met mekaar gesels, maar sy moet in stilte haar pligte verrig. Sy weet hulle hou haar dop. Praat van haar. Sy kon hoor toe hulle aan die begin na haar verwys as “Die nuwe een”, “Die Uitverkorene.”
Toe sy na ’n lang soektog na werk die pos by sy firma gekry het, was die uniforms vir haar aaklig. Vormloos. Toegeknoop tot onder die ken.
“Dis ’n werk. Dis net tydelik.” Het haar pa getroos.
Sy mis haar pa elke dag. Sy oorweeg dit dikwels om hom van die kantoor af te bel. Maar sy is bang. Sy wonder of haar pa haar ook mis.
“Ek is bevorder,” het sy haar pa vertel toe sy hom die laaste keer besoek het.
Haar pa het haar nie die bevordering gegun nie. So het sy geglo.
“Hy verander jou. Kom huis toe,” het hy gesmeek.
Sy het gekies. Die luukshede, die klere. Vir die eerste keer het ’n man haar as ’n Uitverkorene gesien.
Sy het nie weer huis toe gegaan nie.
“Hy ontstel jou. En dit versteur die balans in my huis.” Sy is verbied om haar pa weer te bel of om sy oproepe te ontvang. Hy het haar foon afgeneem.
As hy besoekers op kantoor kry, moet sy die tee indra. Paradeer. Dan kan sy die ingenome oë oor haar lyf voel. Klewerige oë. Na die besoekers gaan, wag sy altyd in die studio.
O.
“Hoekom bly jy?” het een van die vormlose vroue op kantoor haar een keer gevra.
“Ek kan nie teruggaan na my pa toe nie. Ek het gekies.” So het sy geantwoord.
“Dan gaan jy een dag net nie meer hier wees nie.” Die vrou het haastig en bang gefluister.
“Waar is die ander heen?” Maar eintlik wou sy nie ’n antwoord hê nie.
“Straight Jackets.”
Die volgende dag was die vrou nie by die werk nie. Sy het haar nooit weer gesien nie.
Meester. Hy weet en sien alles.
“Ek is jou Alfa en Omega. Jou begin en jou einde.” Dit het hy daardie aand wat die vrou weg is in die studio vir haar gesê.
Die vleis van die bief stroganoff wou net nie sag word nie. Daar was nie genoeg tyd nie.
Hy sit aan die hoof van die tafel. Weerskante is daar 24 oop stoele. Sy sit aan die ander punt.
Hy lig sy glas in haar rigting, “O …”
Die kers laat die water in haar glas vonkel.
“Meester …”
Hulle eet in stilte. Dan skuif hy sy bord vinnig voor hom uit. Sy weet. Die vleis is taai.
Hy kyk in die rigting van die studio. Sy skuif haar filet eenkant.
In die studio kies sy die middelste rottang.
Sy wag.
Hy trek sy swart leer handskoene aan en gooi vir homself ’n glas whisky in. Sy hoor die ys in die glas. Ruik die sigaar. Wag. Voel sy oë op haar rug.
“Jy het weer ’n fout gemaak.”
“Ja … Meester.”
“Wanneer gaan jy leer?”
“Ek is jammer … Meester.”
Laatnag kyk sy na haar agterkant in die weerkaatsing van die spieël. Eweredig gespasieer.
Sy sien hoe hulle na haar terugkyk: Ohnika, Odette, Olga.
Sy slaan met haar vuis teen die spieël. Die klone vermenigvuldig in skerwe.
Dan gaan lê sy in ’n fetusposisie op die bed. Sy prewel vir haarself.
“Jy is my Alfa en Omega. My begin en my einde … en ek is O. Ek is ’n Nul. ”
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Hierdie webwerf gebruik koekies.