“Kan dieselfde vaas twee keer breek?”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die vrou sit voor haar sielkundige. Hy is ’n lang maer man met intense swart oë wat stip na haar kyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Na die eerste breek, sal die vaas swak wees by die lasplekke,” sê hy. “Dit hang af hoe goed was die lasplekke.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Ek kon dit altyd voel. Ek kon met my vingers voel waar ek dit geplak het.”
Die vrou huil nie trane nie. Dis een van haar probleme, meen die sielkundige.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Jy bedoel jy kon nooit weer vertrou nie.”
“Is dit ’n vraag of ’n stelling?” Sy kyk uitdagend na hom.
“’n Stelling. Ek stel dit aan jou dat jy trust issues met mans het.”
Sy vererg haar. Hy het die manier om dinge altyd in ’n ander koers te stuur.
“Dis nie nou ter sprake nie.”
“Dit is. Beken dit.”
Sy steek ’n sigaret aan. Kyk uitdagend of hy haar gaan vermaan daaroor.
Sy blaas die rook in sy rigting. “Ek is hier oor my gewigsprobleem, onthou?”
Hy gee ’n beterweterige laggie.
“Minet, jy wil hê ek moet jou help om die kern van jou probleem te kry. Ons is mos al deur die hele ding. Dit gaan nie oor die vet nie.”
Sy blaas nog rook in sy rigting.
“Is jy blind? Kyk na my. Ek is morbidly obese. As ek maer word, sal ek gelukkig wees.”
“As jy maer word, plak jy die vaas net weer aanmekaar. Maar dit sal nog lasplekke hê.”
“Dis ’n simpel gedig.”
“Dis jy wat eerste daarna verwys het. Toe jy nog op koers was.”
Sy is lus en gooi hom met die asbak.
“Ek betaal jou om my probleem op te los. Onthou?”
“Nee, jy betaal my om jou te help om jou eie probleem op te los. Ek moet jou op die regte pad sit om dit te doen. Jy is nou weer die pad byster.”
Sy vryf oor die voue om haar middel.
“Ja, kom ons praat oor hoekom ek dik is. Ek is dik omdat ek te veel eet.”
Hy glimlag ingenome.
“En? … Minet? Hoekom eet jy te veel. Hoekom vergryp jy jou?”
Druk die sigaret dood en grawe in haar groot sak. Sy skil die papier af.
“Happie?”
“Sien!” Sy haat dit as hy dit doen.
“Ja, ek weet, ek weet. Elke keer as ek in ʼn hoek is, eet ek. So help my om dit te stop.”
Haar kieste bol van die sjokolade.
“Ons gaan nou al maande heen en weer op die pad. Wil jy gehelp word of nie?”
Sy kyk geskok na hom.
“Is dit nie bietjie oneties van jou om dit te vra nie? Ek meen het jy nie die een of ander etiese kode afgelê nie?”
“My werk is om jou te help. Maar dan moet ons by die kern van die probleem uitkom. Moet ek dit weer vir jou uitspel? Jy eet omdat jy jouself haat. Jy haat jouself omdat jy voel jy is onaantreklik. Jy glo jy is eensaam omdat jy vet is … Dit staan alles hier in jou legger. Moet ons weer deur alles gaan?”
Sy voel die are klop teen haar slape. Sy is woedend. Gefrustreerd.
“Toe? Gaan jy nog ’n tjoklit eet of gaan ons deur die ding praat?”
“Ek onthou toe ek die eerste keer alleen na die studentekafeteria gestap het. Ek het ’n slab sjokolade gekoop en buite onder ’n boom gaan sit en dit alleen opgevreet. Is dit wat jy wil hoor? Hoe ek vreet?”
Hy maak rolbewegings met sy hande om haar aan te moedig om aan te gaan. Sy haat dit as hy dit doen.
“Jy weet mos? Of moet ek nou weer deur alles gaan? Toe begin kos my troos? Toe eet ek tot ek 40 kg opgetel het? En nou haat ek myself?”
“En jy haat hom steeds. Dis 30 jaar later en hy beheer jou lewe steeds.”
Sy staan op en gaan staan voor die spieël.
“Ja, hy en my vet. Eers het hy my gebreek, nou breek my vet my.”
Hy kom staan langs haar. Hy sit sy arm om haar ronde skouers. Sy pas netjies onder sy arm in.
“Kan ons nie maar die ding vir jou uitsorteer nie? Ek meen, jy maak my al ryker, soos jy tereg sê. En ek geniet jou geselskap, maar hierdie ding … ek weet jy kan hom wen.”
Hy is nogal sexy, dink sy. As hy net beter aantrek en sy hare modern sny, kan hy nogal sexy wees.
“Toe, wat sê jy?”
“Ek dink ons moet jou hare laat sny.”
“Jy dwaal weer van die pad af. Kom, gee weer daardie gedig. Kom ons werk weer deur die ding. Jy het dit vandag gebring want jy glo dit som jou gevoelens op?”
“Ek het so gedink. Nou voel ek weer vet.”
Hy vou die papier oop en begin lees.
“The vase where this verbena’s dying
Was cracked by a lady’s fan’s soft blow.
It must have been the merest grazing:
We heard no sound. The fissure grew.
The little wound spread while we slept,
Pried deep in the crystal, bit by bit.
A long, slow marching line, it crept
From spreading base to curving lip.
The water oozed out drop by drop,
Bled from the line we’d not seen etched.
The flowers drained out all their sap.
The vase is broken: do not touch.
The quick, sleek hand of one we love
Can tap us with a fan’s soft blow,
And we will break, as surely riven
As that cracked vase. And no one knows.
The world sees just the hard, curved surface
Of a vase a lady’s fan once grazed,
That slowly drips and bleeds with sadness.
Do not touch the broken vase.”
Sy sit met haar kop tussen haar hande na sy mooi stem en luister.
“Jou stem klink na warm sjokolade.”
Hy lag.
“Fokus, Minet. Jou hart voel soos die vaas?”
“Ek het gedink ek het dit weer aanmekaar geplak. Toe sien ek sy foto in die koerant.”
Hy maak weer die irriterende rolbewegings met sy hande.
“Hy is bles en dik. En ek huil weer oor hom. Ek meen, wat is verkeerd met iemand wat dertig jaar huil oor ’n man wat nou dik en bles is?”
“Ja, wat is verkeerd met jou, Minet? Kyk net wat het jy vrygespring! Die man word aangekla van bedrog. Wéér! Hy is ’n ou skelm. ’n Blikskottel. Hy het jou ’n guns gedoen toe hy jou op universiteit gelos het. Jy is pragtig en snaaks en … Vergeet nou van die ellendige man en gaan aan met jou lewe!”
“Ek wonder of hy ooit getrou het.”
“Die koerant sê dan hy is met sy derde vrou getroud!”
“Neem man, ek praat van Rene Francois Armand Prudhomme. Die digter van Le Vase Brisé. Ek meen, dit is een van die mooiste gedigte en ek lees nêrens wie sy hart so gebreek het nie.”
Die sielkundige lag.
“Partykeer voel ek skuldig om vir jou ’n rekening te stuur. Jy is so snaaks. Jy laat my altyd lag, Minet.”
Sy lag saam met die man. Sy lag al hoe harder.
Sy lag tot sy huil.
Hy kom sit langs haar en vou weer sy arm om haar. Sy druk haar neus in sy trui. Sy huil en huil.
Sy blaas haar neus in sy trui en huil weer. Uiteindelik lê sy net moeg met haar kop teen sy bors. Hy ruik na muskus en speserye. En sy trui is vol kathare.
“Jou trui is vol kathare.”
“Ek weet, jy noem dit elke keer.”
Sy snuit haar neus in ’n tissue en vee sy trui skoon.
“Ek sal jou trui gaan was.”
“Dit was ’n deurbraak. Ek sal dit as een van my persoonlike rekords aanteken: ‘Dit het my ’n jaar geneem om pasiënt 268 te laat huil. Minet Basson het uiteindelik gehuil!’”
“Ja, ja. Jy wen. En, jy is reg, ek huil oor ’n lae gemene blikskottel wat my nooit werd was nie. En, ek is bly hy het my destyds gelos. Die koerante sê hy het ’n affair met sy eks vennoot gehad en sy het hom van bedrog aangekla. Nou gaan sy derde vrou hom ook los.”
Die lang maer man glimlag breed. Hy staan op en sit die ketel aan. Sy sit en kyk na die ritueel waarmee hy tee maak. Sy verkyk haar altyd daaraan. Dis asof hy met iets heilig besig is.
Hy hou die fyn koppie na haar uit. Die tee is soet en smaak vandag weer na kamille.
“Ek gaan jou mis, Etienne.”
“O, gaan jy met vakansie?”
“Nee, ek gaan eers op ’n dieet, dan gaan ek met vakansie. ’n Lang vakansie.”
Hy maak die legger op sy skoot dramaties toe.
“I think my work here is done!”
Hulle lag saam. Soos altyd lag hulle lekker saam.
Hy stap na die boekrak en haal ’n blou vaas van die boonste rak af. Hy stof dit af met die mou van sy trui.
“Dit is Venesiese glas. Dis nou joune. Dis jou nuwe vaas. Ons gooi die gelapte een nou dadelik weg.”
Sy hou die vaas teen die lug.
Die son skyn deur die blou.
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.