In a dark dark wood,
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }There was a dark dark house.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }And in that dark dark house,
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }There was a dark dark room.
And in that dark dark room,
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }There was a dark dark cupboard …
– Mother Goose Nursery Rhymes
Daar was ’n kraak in Ma se hangkas se deur.
Ma se kas het aan die linkerkant dubbele deure gehad waar haar vier rokke gehang het.
Presies parallel.
Dieselfde snit.
Die some gelyk gestik.
Pa het gesê dit is die snit wat Ma die beste pas.
Ek het die meeste van Ma se geel rok gehou. ’n Sonskynrok. Maar Ma het dit net gedra as Pa sê, “Vrou, vandag moet jy die geel rok aantrek, ons gaan kuier.”
Onderin die kas het Ma se twee paar skoene gestaan. Een was ’n swart paar met hoë hakke, “Stilettos,” het Pa dit genoem. “Dit laat jou ma se bene mooi lyk,” het hy gesê.
Ma het elke aand haar bruin huis-skoene netjies langs mekaar in die kas gebêre.
In die een hoek agter Ma se rokke het Betsie gebly. Betsie was my en Ma se geheim.
Langs Betsie se hoek was nuwe pantoffels in ’n sakkie. Ouma het die pantoffels vir Ma gegee, maar Pa het gesê, “My vrou sal nie pantoffels dra nie.” Hy kon dit nie verduur as vroue by die huis uitgaan en hul mans met pantoffels en gowns by die hek afsien nie. Ma het elke oggend haar sykouse en stilettos aangetrek voor sy Pa se ontbyt gaan maak het. Sy het haar hare mooi ge-teaze en grimering aangesit. Dan het ek en Ma by die hek vir Pa gestaan en waai.
As Pa werk toe is, het Ma haar huisskoene en overall aangetrek sodat sy die huis kon skoonmaak. Half vyf smiddae het Ma gaan bad en haar sykouse en die stilettos aangetrek. Ek het daarvan gehou om by die spieëlkas te staan en kyk hoe Ma haar lippe rooi maak.
Pa het altyd gespog oor sy vrou wat al die huiswerk self doen. “Dis hoekom sy so ’n mooi dun middeltjie het.” Hy altyd gespog met Ma se lyf as die ooms kom kuier. “Dis omdat sy die vloere so blink vryf,” het hy gesê. Ek het een keer gehoor hoe Pa die ander ooms vertel hoe mooi Ma se heupe wikkel as sy die vloer so vryf. Die ooms het gelag en ek het gesien hoe Ma vinnig die skinkbord neersit en wegstap.
Aan die regterkant van Ma se kas was daar nog ’n deur. Dis waar die laaitjies was. Bokant die laaitjies was daar ’n rak vir Ma se kerkhoede. ’n Witte en ’n swart een vir begrafnisse. Elke laaitjie het ’n venstertjie gehad. As ek op my tone gestaan het, kon ek die netjiese hopies van Ma se onderklere en nagklere sien. In een laai was Ma se sykouse en garters. Ma het altyd mooi sykouse en garters gehad. Pa het gesê sy vrou sal nooit in haar lewe ’n sykous stop nie.
Pa se kas het een deur aan die linkerkant gehad. Sy twee pakke en vier wit hemde het soos soldate in ’n ry gehang. Regs was die laaie waarin sy swart kouse en wit onderklere met presisie gepak is. Ma moes dit elke dag regpak. Sy het my gewys hoe sy Pa se kouse moet oprol. Die nate van die tone presies op mekaar. Die bokante presies gelyk. Mens maak twee voue van die tone se kant af na bo. Dan vou mens die een rant van een kous netjies oor die ander en jy trek dit mooi gelyk. Presies soos Pa daarvan hou. Maar Ma het vir my gesê ek is nog nie groot genoeg om Pa se kouse op te rol nie.
“Sien? Ons pak hulle in ’n presiese reguit ry. Al die bokante na links,” het Ma trots beduie.
Ma moes Pa se hemde en broeke se nate met styselwater sprinkel en dit presies reg stryk. Pa wou nie op kantoor skaam kry vir ’n skewe naat nie. Hy het elke aand sy skoene self gepoets. “Dit is nie ’n vrou se werk nie,” het Pa gesê. Oupa was ’n weermag-man en hy het Pa geleer hoe om skoene reg te poets. Blink skoene is ’n man se trots. So het Pa altyd gesê.
Ma en Pa se kaste was van embuia-hout met bal-en-klou pote. Die dubbelbed se koppenent en voetenent en Ma se spieëlkas ook. Die spieëlkas het sulke lang spieëls aan die kante gehad wat na binne kon vou. Dit het Ma gehelp om te sien of haar hare agter presies reg ge-teaze is.
Ma het die meubels elke week geolie. “Mens pas jou goed op,” het Ma gesê.
Ek het gewens ek kan ook ’n hangkas soos Ma en Pa hê.
My rokkies het aan ’n haak agter die deur gehang. In my kamer was daar net ’n laaikas. Dit was nie eintlik ’n regte kamer nie. Dit was ’n stoep wat aan Ma en Pa se kamer vas was.
Die ander kamer in die huis was Pa se studeerkamer. Teen die mure het al Oupa se militêre foto’s en medaljes gehang. Pa het Oupa se lessenaar en stoel self elke week geolie. Daar was ’n boekrak met ’n stel Encyclopedia Britannica en ’n stel Kinders van die Wêreld. Maar ek het al die stories van die Kinders van die Wêreld in die biblioteek gelees. Dit was vir my lekker om op die biblioteek se mat te sit en so deur die lande van die wêreld te blaai.
Die kraak in Ma se kasdeur is nooit reggemaak nie. Ek het een keer gesien hoe Ma met haar vingers oor die kraak streel.
“Huil Ma?” het ek gevra.
“Nee, dis sommer die stof van die afstof.” So het Ma gesê.
Met Ma se dood het ek haar in haar eie graf begrawe. Ver van Pa. Hy was alleen in die dubbele graf.
Na die begrafnis het ek Ma en Pa se slaapkamerstel op die grasperk uitgepak. Dit het geblink in die son. Ma sou trots wees oor die blink glans na al die jare se olie, het ek daardie dag gedink.
Die dag toe Ma se kas se deur gekraak het, was Pa weer “moeilik”. “Alet, gaan speel bietjie met Betsie in Mamma se kas,” het Ma altyd gesê as Pa moeilik raak.
In Betsie se hoek was daar ’n warm kombersie vir my en Betsie. Maar ons moes regop sit want daar was nie baie plek langs Ma se skoene nie.
“Wees julle twee tjoepstil en soet,” so het Ma altyd gesê.
Die kas het binne na motbolle geruik. Ma het van Oupa se ou twaksakkies uitgekook tot dit spierwit is. Dan het sy die motbolle in die sakkies gesit. “Dit hou die vismotte weg,” het Ma gesê.
Ek het die dag geskrik toe die harde slag die kas se deur laat oopbars het. Ek en Betsie het dieper in die hoek probeer kruip. Ek kon Ma hoor huil. Pa was baie kwaad.
Ma het daardie dag meer as ander kere gehuil. Ek het versigtig oor Ma se skoene gekruip en deur die bars in die deur geloer. Ek kon sien hoe Pa Ma stamp dat sy oor die vloer skuif. Ma het met haar arms voor haar gesig gekeer.
As Pa moeilik was, moes ek en Betsie altyd doodstil in die kas sit en wag tot alles weer stil is. As Ma nie meer gehuil het nie, het ek gewag tot ek Pa saggies met Ma hoor praat. Dan moes ek wag tot die ritmiese gekraak van die bed ophou. As Pa begin snork, kon ek die kas se deur saggies oopmaak en na my bed toe gaan.
“Nag my kindjie,” het Ma altyd gefuister.
Partykeer het ek deur die dag die kas se deur oopgemaak om na Ma se rokke te kyk. Die bloue het altyd heel links gehang, dan die groene, die swart een vir begrafnisse en heel regs agter die gele.
“Vlei hierdie patroon nie my vrou se mooi lyf nie?” het Pa altyd vir die ooms gesê as mense kom kuier. Dan het die ooms saamgestem en saam gelag as Ma rooi word en kombuis toe gaan.
As die mense gery het, het ek by Betsie in die kas gaan sit.
“Het jy gesien hoe kyk hulle vir jou? Hoekom kyk hulle so vir jou? Hou jy daarvan?” Dis wat Pa altyd geskree het as die mense ry.
Ek het daardie dag petrol oor die stel uitgegooi. Die bure het kom kyk wat so vreeslik brand in die tuin. Dit was winter en die grasperk het ook gebrand.
Die tuinhekkie was gesluit. Pa het die hout-tuinhekkie en heining na elke seisoen wit geverf. Die hout het sulke mooi spitse na bo gemaak. “a White picket fence,” het Pa altyd gespog. Voor die heining was ’n lang bedding waarin Ma elke jaar Namakwalandse madeliefies geplant het.
Ek het daardie dag gewag tot die stel heeltemal uitgebrand het. In my kar se truspieëltjie het ek gesien daar staan nog ’n paar mense op die sypaadjie.
Ek het die hek oop gelos.
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.