kategorieë: Ontspanning

Splinternuwe rugby-komedie: Wanneer ’n bruilof in die pad van rugby staan

Jou bloed is groen. Rugby is jou lewe. Amabokoboko!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En op 11 Augustus kan jy regstaan vir ’n splinternuwe rugby-komedie wanneer die speelfilm Die groot dag sy debuut op BoxOffice maak. In die tuiste van jou huis voor die skerm. Kleredrag: Jou Springboktrui en pantoffels. Eetgoed: Biltong en braaivleis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Wêreldbekertoernooi skop op 8 September vanjaar af en op 28 Oktober kom die laaste twee spanne in die Stade de France buite Parys in Frankryk teen mekaar te staan om te sien wie hierdie keer die Webb Ellis-trofeë omhoog gaan hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar wat gemaak as jou skoonsuster op dieselfde dag trou? Dit is die pekel waarin die rugbymal-swaers Jimmy en Riaan in die speelfilm Die groot dag sit toe hulle uitvind hulle vroue se jonger suster op dieselfde dag as die eindstryd trou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek is ’n baie groot sportliefhebber en my grootste vrees is om ’n belangrike wedstryd te mis,” sê die vervaardiger van die fliek, Danie Bester. “Ek bestudeer lank vooraf die sportkalender om seker te maak niks bots nie. Vriende het al kwaad geraak as ek sport bo hulle kies.”

Die idee vir Die groot dag het ontstaan toe hy gewonder het wat sou gebeur as daar werklik iemand is met ’n rugby-kyk-probleem, iemand vir wie dit so belangrik is dat hulle dit vir hulle familie wegsteek. “Mens hoor stories van mense wat troues reël sonder om aan die rugby te dink en dan moet die gaste skelm iewers sit en kyk. Die vraag is: Hoe ver sal ’n rugbymal-persoon gaan om ’n groot wedstryd soos die finaal te kyk? Kom familie eerste? En wat as dit skoonfamilie is? Is die besluit dan makliker?”

In die rol van die twee swaers is Francois Jacobs en Johan Joubert en die drie susters word gespeel deur Leandie du Randt, Carmen Pretorius en Izel Bezuidenhout. Ook te sien is Christopher van der Westhuizen, Jurgen Hellberg en Willie Esterhuizen.

“Van die begin wou ons twee manne as die swaers kry wat alledaags is; tipiese Suid-Afrikaners wat lyk of jy hulle op ’n Saterdag in die slaghuis sal raakloop waar hulle wors koop. Francois en Johan is groot rugbyondersteuners en dit was vir hulle maklik om die karakters te verstaan. Altwee het ook ’n lekker stout kant wat mens nodig het vir rolle soos hierdie,” sê Danie.

Die draaiboek vir Die groot dag is deur Corné Koegelenberg geskryf wat ook die regisseur is. Die groot dag is in en om Johannesburg verfilm en word op Vrydag 11 Augustus op Box Office vrygestel.

KYK: Die groot dag se amptelike lokprent

Lees ook:Springbok-slot Eben Etzebeth kuier by Binnelanders

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.